Geloofsonderskeidende Reis met die Belydenis van Belhar
Oral in die NG Kerk gesels ons tans oor die Belydenis van Belhar. Vir ons as gelowiges is hierdie gesprekke ’n geloofsonderskeidende proses. Dit beteken dat ons diep luister na die Woord en die Gees en niemand in ‘n rigting probeer dwing of manipuleer nie. Ons luister ontvanklik na die Woord, wag in gebed op die Gees en respekteer mekaar te alle tye.
As gelowiges glo ons dat God ons verander deur God se Woord en Gees. Om hiervan deel te wees, is daar 5 geloofsonderskeidende vrae wat ons help:
- Wie is God?
- Wie is ons in Christus?
- Vir wie maak God ons ’n naaste?
- Hoe gebruik God ons in hierdie wêreld?
- Wat vra God nou van ons?
Neem dus deel aan die gesprek, hier, of op ons Facebook blad: https://www.facebook.com/belydenisvanbelhar, om oor dié vrae na te dink en die Belydenis van Belhar te toets aan dié antwoorde wat jy uit die Bybel kry op dié vrae.
Trackback from your site.