Wie wil praat oor die proses van belydenisvorming in Reformatoriese perspektief, kan dit nie by wyse van ‘n sydelingse opmerking doen nie. Daarvoor is die hele verskynsel van belydenis- en belydenisvorming struktureel en inhoudelik te diep verwortel in die teologiese vertrekpunte en oortuigings van die Reformasie [1]. Wie díe verskynsel toereikend probeer peil, moet die verskillende perspektiewe wat deur die ‘innesteling’ geïmpliseer word, verreken.
God is op ’n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte
‘n Mens kan nie net met enkele Bybeltekste werk om God se verbintenis aan al die mense van hierdie wêreld te bevestig nie. Soms is dit egter die enigste manier om ‘n duidelike antwoord te gee as die vraagstellers aandring daarop.
Ons gesamentlike belydenis vandag
Die Belydenis van Belhar hou nie net verband met die ongelukkige geskiedenis van die apartheidstydperk in Suid-Afrika se verlede nie.
Die Storie van Belhar
Dit is die jaar 1982.
Eenheid, versoening en geregtigheid – die kernsake in die Belydenis van Belhar
1. Historiese konteks
Elkeen van die talle Gereformeerde belydenisse het binne of in reaksie op ‘n bepaalde politieke of kerklike konteks onstaan – konkrete oomblikke (kairos momente) waar die oortuiging gegroei het dat die waarheid van die evangelie op die spel geplaas word en waarin die kerk nie anders kan as om in ‘n staat van belydenis (status confessionis) oor te gaan nie.
Belhar nie alles vir almal nie
Die Belhar-belydenis bly in die nuus.
Baniere vir ons geloofstryd – Pinkster 2013
Die NG Kerk familie stap tans doelgerig ‘n pad met die Belydenis van Belhar (Belhar). Dit het daarom groot waarde dat ons almal saam met mekaar fokus op die perspektiewe uit hierdie belydenis wat in ons familiekring gebore is. Laai hier die Pinkster 2013 reeks af.
Vrae en antwoorde – Ben du Toit
Die kritiek wat gewoonlik teenoor Belhar uitgespreek word, het hoofsaaklik met twee sake te doen.
Belhar en die Bybel
In die lig van die feit dat die Algemene Sinode van die NG Kerk alreeds in 1990 besluit het dat die Belydenis van Belhar nie onskriftuurlik is nie (en ook nie in stryd is met die Drie Formuliere van Eenheid nie), is ‘n kritiese beskouing van die gebruik van die Bybel deur hierdie belydenis wel vir ons van belang.
Die belydenis van Belhar – getuienis, stok, staf, credo?
Die besluit van die Algemene Sinode van die NG Kerk in Oktober 2011 was ‘n beslissende moment op die pad waarlangs die NG Kerk al sedert 1982 – dit is drie dekades gelede – met die Belydenis van Belhar aangekom het.
Belhar – nie as ‘n Belydenisskrif nie
Daar is ‘n paar dinge wat hinderlik en kommerwekkend is in die proses om uitvoering aan artikel 44 van die Kerkorde te gee.
Vinnige manier om ‘n bydrae te lewer by belydenisvanbelhar.co.za
Ek toets ‘n vinnige manier om ‘n bydrae by www.belydenisvanbelhar.co.za te plaas.
Floris knouwds
| #
Ek sukkel soms om predikante te verstaan. Soos nou weer met “Groep35”. Selfs na ek hul verklaring verskeie kere deurgelees het, het dit my steeds ontwyk wat hulle nou eintlik wou sê. Daarom het ek maar agter die woorde en tussen die reëls probeer lees. En skryf ek vanuit hierdie halfgebakte waarnemings van my:
1. Skynbaar is julle ontevrede daaroor en kry julle julleself jammer dat alles nou nie geloop het soos julle dit wou hê nie. Maar julle sien ook nie kans om by julle oortuiging te staan en soos Luther te sê” Hier staan ek. Ek kan nie anders nie!” Want dalk kan julle inkomste in gedrang kan kom. Daarom sukkel julle om in hierdie beslissende moment ‘n beslissing te maak en daarop te handel.
2. Skynbaar voel julle dat julle nou nie meer die inhoud van Belhar kan verkondig nie. Maar julle kon nog altyd. En julle kan nog steeds. Want die NG Kerk is primêr gebou op die waarheid van die Woord. Die belydenisskrifte is sekondêr! En die Woord praat glashelder en klinkklaar oor versoening, geregtigheid en eenheid. Maar ek vermoed dat julle die “backing” van ‘n belydenisskrif gesoek het omdat julle nie kans sien om soos Luther julle stellings aan die kerkdeur te spyker (“no matter what”) nie.
3. Skynbaar dink julle dat daar net een manier is om die hartsroep van die VGK te respekteer en dit is om die Belhar belydenis ‘n deel van die belydenisgrondslag van die kerk te maak. Ek vermoed dis omdat julle nog nooit gaan sit en soek het na kreatiewe oplossings om ‘n wesenseenheid in die kerk te vestig – in plaas van ‘n organisatoriese eenheid nie.
4. Skynbaar dink julle nog (verkeerdelik) dat die stemming oor artikel 1net oor Belhar gegaan het. Wel, dit het nie! Dit het ook gegaan oor die verbreding van die basis van belydenisskrifte en die nuwe opsie van gerelativeerde (nou begin ek so geleerd soos julle klink, hê?) belydenisskrifte, dit is, belydenisskrifte met ‘n laer waarde wat aan jou keuse oorgelaat word. Dit het ook gegaan oor die indruk dat die proses eerstehandse lidmate (die wat Belhar aanvaar) en tweedehandse lidmate (die wat dit nie aanvaar nie, maar welkom is) in die kerk gaan skep. En as julle ‘n entjie verder gedink het, sou julle dalk ook (soos ek) teen die verandering van Artikel 1 gestem het. Maar om heel ander redes as wat julle blykbaar dink wat agter alle nee stemme lê.
5. Skynbaar reken julle dat ouens soos ek (wat nugter met hierdie goed wil omgaan) nie die nodige geloofsonderskeiding het nie. En/of dat die nodige teologiese gefundeerdheid by ons ontbreek. Daarom kan ‘n “referendum” nie werk nie. Maar, sê nou net die Heilige Gees is aan die kerk in sy geheel gegee… sou dit nie dalk beteken dat die Here ook op ‘n ander manier besig kan wees om met sy kerk te werk as die manier wat julle subjektiewe onderskeidingsproses voorskryf nie?
So: as julle (soos julle sê!) die beginsels van Belhar wil uitleef… Doen dit! Met volle oorgawe. Want dan sal julle dalk ontdek dat daar baie meer ruimte in die NG Kerk is as wat julle dink, dit is, ruimte om gelowiges in die gemeente te begelei om die waardes van eenheid, versoening en geregtigheid orals in hulle lewens te vergestalt. En as julle dít kan regkry, sal julle (sonder Belhar) ‘n werklike bydrae maak wat die kerk van Christus dien. Soos julle sê dat julle graag wil.
So, ek is jammer. En ek wou maar net laat weet: Nee dankie, Ek sal nie my naam by julle lys voeg nie. Ek sal eerder voortgaan om die ouens rondom my te konfronteer met die Bybel se eise vir praktiese eenheid, versoening en geregtigheid. En hulle help om dit ‘n werklikheid te maak – orals waar hulle in hierdie wêreld beweeg.
Webmeester
| #
As jy jou naam wil byvoeg by dié lys, kan jy ‘n e-pos stuur aan Carel van der Merwe (klik net op hierdie skakel).
Dania vd Walt
| #
So dankbaar dat daar mense is wat die moed van hulle oortuiging het om ruimte te skep vir almal. Ek prys die Here daarvoor
Webmeester
| #
Jy kan dit op die oomblik net in die kommentaar ruimte doen. Ek sal hoor of daar ‘n sentrale punt is waar name bygevoeg kan word.
Andre Smuts
| #
Ek wil graag my naam byvoeg. Hoe gaan ek te werk?