Oor die teologiese inhoud van die Belydenis van Belhar – DJ Smit
‘n BLIK OP EENHEID, VERSOENING EN GEREGTIGHEID 1986 EN 2011
Departemente Ekklesiologie en Dogmatiek, Fakulteit Teologie, Universiteit Vrystaat 2011
Die betekenisvolle aan enige Protestantse belydenisskrif is inderdaad die teologiese inhoud. Belydenisskrifte is en word altyd gebore in spesifieke sosiale en historiese omstandighede. Die politieke en kerklike konteks bied feitlik altyd die konkrete aanleiding waarom belydenisskrifte ontstaan. Dit geld van haas elkeen van die veel meer as honderd belydenisskrifte wat vroeg reeds binne die Gereformeerde gemeenskap en tradisie gebore is, asook van die belydenisse wat daarna geskryf sou word, omdat só ‘n reaksie van die geloof op spesifieke politieke en historiese uitdagings telkens deur sommige as noodsaaklik beleef is. Dit geld van die Geneefse Kategismus, van die Franse Geloofsbelydenis, van die Nederlandse Geloofsbelydenis, van die Heidelbergse Kategismus, van die Skotse Konfessie, van die Dordtse Leerreëls, van die Westminster Konfessie – en dit geld ook van die Teologiese Verklaring van Barmen, van die Confession of 1967 van die Presbiteriane in Amerika, van die Brief Statement of Faith van die PCUSA en van die Belydenis van Belhar.
Met dank aan Danie Mouton, Grens-pos.
Trackback from your site.
Comments (1)
Fanie van Emmenes
| #
‘n Weldeurdagte artikel wat die agtergrond en die ontstaansgeskiedenisvan die Belhar belydenis duidelik aan die lig stel. Die betekenis vir ons tyd word ook duidelik uitgespel. Ek sou wou wens dat elke lidmaat van die NG kerk hierdie artikel, nie alleen sou lees nie, maar ook biddend sou oordink.
Reply