dien thoai di dong , dau gia , the gioi smartphone , download game mobile , smartphone , tang truong , khoa hoc cong nghe thong cong , mua ban sim , Smartphone gia re , cong nghe tuong lai , cong nghe 360 , giai tri guongmat.org , su kien trong ngay , thoi trang hi tech , thong tin 360 , may tinh bang , perfect body , kasuman.com , gia vang hom nay , tin tuc an toan , kinh te viet nam , xay dung viet nam , thoi trang , thoi trang , phu nu viet nam , tin tuc moi online , dich vu bao ve viet nam , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , tin tuc moi online , giai tri 24h , tin tuc 24h

Vyf geloofsonderskeidende vrae

Written by Webmeester on . Posted in Prosesse en Produkte

Print Friendly

As gelowiges glo ons dat God ons verander deur God se Woord en Gees.  Om hiervan deel te wees, vra geloofsonderskeiding.  Daar is 5 geloofsonderskeidende vrae wat ons hiermee help:

  1. Wie is God?
  2. Wie is ons in Christus?
  3. Vir wie maak God ons ’n naaste?
  4. Hoe gebruik God ons in hierdie wêreld?
  5. Wat vra God nou van ons?

Die eerste vraag is:

Wie is God?

Hierdie vraag het gelowiges reeds in ’n baie ou belydenis geantwoord, die Apostoliese Geloofsbelydenis.  God is drie, Vader, Seun en Gees, en hierdie God is een.  Hierdie Drie-enige God roep mense tot sy kinders, maak hulle bymekaar as sy volk en stuur hulle om lig en sout te wees in hierdie wêreld.

As dit is wie God is, kry ons ook ’n goeie idee van wie ons in Christus is.

Die tweede vraag wat gelowiges vra, is:

Wie is ons in Christus?

Hierdie selfde Apostoliese Geloofsbelydenis sê vir ons wie ons is: een, heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges.  In Christus is ons deel van die liggaam van Christus, is ons diep verbind aan broers en susters wat God vir ons gee.

As ons weet wie God is en ons weet wie ons in Christus is, is die derde vraag wat gelowiges wat deur die Woord en die Gees wil lewe, vra:

Vir wie maak God ons ’n naaste?

Hier gee Jesus self vir ons die antwoord.  Jy moet jou naaste lief hê soos jouself.  Hierdie liefde wat God het vir mense in die wêreld en wat God vir ons het wat in Christus is, moet na mense vloei wat oor ons pad kom.

Hierdie heelmaak van verhoudings, hierdie uitdeel van liefde, hierdie nuwe wêreld het God in ons hande gegee. God kies dat God se liefde deur ons vloei na alle mense met wie ons kontak het.

As ons dít goed besef, is die vierde vraag wat vanselfsprekend hieruit voortvloei:

Hoe gebruik God ons in hierdie wêreld?

Dat die kerk die draers van lig en heling is, gee ons aanwysings van hoe God ons wêreld wil heelmaak.  Die vroeë gelowiges het gepraat van die missio Dei waarmee God besig is.  God is daar waar mense seer het, God is daar waar mense ly, God is daar waar mense onregverdig behandel word, God is daar waar mense nie billik behandel word nie, God is daar waar mense mishandel word.

Gelowiges het deur die eeue nog altyd bely, dat as dít is waarmee God besig is, hulle God hierin wil navolg.  Uit die oorvloed wat ons het in Christus word ons opgeroep om uit te deel en tot ’n seën te wees vir ander.

Dit bring ons by die doen-vraag, die vyfde vraag:

Wat vra God nou van ons?

Dat ons Hom hierin sal navolg.  Dat ons Hom sal dien deur ander te dien in die praktyk van die lewe.  Is dit maklik om God hierin na te volg?  Nee. Maar gelowiges het nog altyd geglo dat God hulle die krag sal gee om die regte ding te doen.  Dat God hulle by hulle sal wees om op te staan vir die weduwees, die wese en die vreemdeling.

Klankbaan

Kortfilm

23.6 MB – mp4

Laai hier die volledige Kortfilm in wmv formaat af – 168 MB

Trackback from your site.

Comments (1)

Leave a comment

%d bloggers like this: