Die proses van gesprek oor die Belydenis van Belhar
Oral in die NG Kerk gesels ons dus nou oor die Belydenis van Belhar. Die gesprek vind plaas in kerkvergaderings – sinodes en ringe – en in gemeentes – kerkrade en kleingroepe.
Vir ons as gelowiges is hierdie gesprekke ’n geloofsonderskeidende proses. Ons gaan saam diep luister na die Woord en die Gees en niemand in ‘n rigting probeer dwing of manipuleer nie. Ons luister ontvanklik na die Woord, wag in gebed op die Gees en respekteer mekaar te alle tye.
As gelowiges glo ons dat God ons verander deur God se Woord en Gees. Om hiervan deel te wees, is daar 5 geloofsonderskeidende vrae wat ons help:
- Wie is God?
- Wie is ons in Christus?
- Vir wie maak God ons ’n naaste?
- Hoe gebruik God ons in hierdie wêreld?
- Wat vra God nou van ons?
Ons gaan eers hieroor praat en vir mekaar sê wat ons hieroor glo.
Dan gaan ons wat ons glo, neersit langs die Belydenis van Belhar en vra:
- Help die Belydenis van Belhar ons om dié vrae vir ons tyd te antwoord?
Klankbaan
Kortfilm
13.6 MB – mp4
Laai hier die volledige Kortfilm in wmv formaat af – 89.1 MB
Trackback from your site.