dien thoai di dong , dau gia , the gioi smartphone , download game mobile , smartphone , tang truong , khoa hoc cong nghe thong cong , mua ban sim , Smartphone gia re , cong nghe tuong lai , cong nghe 360 , giai tri guongmat.org , su kien trong ngay , thoi trang hi tech , thong tin 360 , may tinh bang , perfect body , kasuman.com , gia vang hom nay , tin tuc an toan , kinh te viet nam , xay dung viet nam , thoi trang , thoi trang , phu nu viet nam , tin tuc moi online , dich vu bao ve viet nam , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , tin tuc moi online , giai tri 24h , tin tuc 24h

Belydenis van Belhar – in gesprek met mekaar – PDF

Written by Webmeester on . Posted in Prosesse en Produkte

Print Friendly

Belydenis-van-Belhar---In-Gesprek-Met-Mekaar__Boek-1_Page_01-190

Die boekie vir die gesprek oor die Belydenis van Belhar is afgehandel.  Dit werk met 5 vrae wat ons help om geloofsonderskeidend na die Belydenis van Belhar te kyk.

Die vrae is:

  1. Wie is God?
  2. Wie is ons in Christus?
  3. Vir wie maak God ons ’n naaste?
  4. Hoe gebruik God ons in hierdie wêreld?
  5. Wat vra God nou van ons?

Die proses werk só dat julle as kleingroep eers hieroor praat en vir mekaar sê wat ons hieroor glo met verwysing na die Bybel en ons ander Belydenisskrifte.

Daarna sit ons wat ons glo langs die Belydenis van Belhar neer en vra:

Help die Belydenis van Belhar ons om dié vrae vir ons tyd te antwoord?

Trackback from your site.

Comments (1)

  • Kobus van Wyk

    |

    Dankie aan almal wie liefde uitdra met die beste bedoelings dmv belydenisse, maar kan ons nie maar net hou by die belydenis van die Woord en die nuwe hart en Heilige Gees (van krag en liefde en selfbeheersing) ontvang nie – en leef in die volle Waarheid waarin Hy ons lei, sonder addisionele ‘mens-uitgewerkte, akademiese’ belydenisse, interpretasies en verklarings? Sien verskeie vertalings van Esegiel 11:19-20 en 36:26-27. Sien ook Johannes 14:12-14 en 15:7-8 asook die gedeeltes in die Woord oor die gawes en vrug van die Gees. Dan sal ons (gelowiges) ook kan vashou en volhard in ons geloof, mekaar aanspoor tot liefde en goeie dade (Hebreers 10: 23-24 en 35-36) en Sy opdrag en bevel uitvoer om mekaar lief te he soos Hy ons liefhet (Joh 15:12,17). Mag die Drie-enige God en Skepper in wie ons glo, ons daarin lei, bekragtig en seen volgens Sy Woord – sodat die mensdom Hom kan sien, aanvaar, leer ken, liefhe en dien. Met die liefde en seenwense van Christus ons Verlosser en Saligmaker. KvW

    Reply

Leave a comment

%d bloggers like this: