dien thoai di dong , dau gia , the gioi smartphone , download game mobile , smartphone , tang truong , khoa hoc cong nghe thong cong , mua ban sim , Smartphone gia re , cong nghe tuong lai , cong nghe 360 , giai tri guongmat.org , su kien trong ngay , thoi trang hi tech , thong tin 360 , may tinh bang , perfect body , kasuman.com , gia vang hom nay , tin tuc an toan , kinh te viet nam , xay dung viet nam , thoi trang , thoi trang , phu nu viet nam , tin tuc moi online , dich vu bao ve viet nam , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , tin tuc moi online , giai tri 24h , tin tuc 24h

In gesprek met die Belydenis van Belhar

Written by Webmeester on . Posted in Prosesse en Produkte

Print Friendly
Hoe moet ons dink oor die Belydenis van Belhar?  Daar is baie gelowiges regoor die wêreld, wat sê, die Belydenis van Belhar is ’n geskenk aan die kerk.  Kom ons kyk weer na die 5 geloofsonderskeidende vrae en vra elke keer wat is die unieke bydrae van die Belydenis van Belhar.

1. Wie is God?

Van die tyd van Israel af reg deur die vroeë kerk en die kerk se belydenisse bely gelowiges God is een, God bemoei Hom met mense en vorm hulle tot ’n geloofsgemeenskap.  Die Belydenis van Belhar bevestig dit sonder om enigiets by te voeg.

2. Wie is ons in Christus?

Ons het reeds gesien dat die eenheid wat Christus skep, waarvan Paulus ons vertel, dat die vroeë kerk in haar belydenisse dit omarm.  Met die Belydenis van Belhar wou die kerk hierdie belydenis herhaal, maar ook verdiep.  Die hoof verdieping het te doene daarmee dat die kerk bely dat omdat eenheid ’n gawe is, dit ook ’n opdrag is.  Dié opdrag het twee kante.  Ons kan mense nie in eenheid indwing nie.  En ons moet dinge wat in die pad staan van eenheid uit die weg uit ruim.  Wat die kerk bely, is dat as ons die eenheid leef, dan raak die goeie nuus van Christus sigbaar, dan sien mense dat verbreekte verhoudings, mense wat in vyandskap leef en mense wat mekaar haat, nie die laaste sê het oor ons lewens nie.

3. Vir wie maak God ons ’n naaste?

Jesus gebruik woorde soos lig en sout as Hy wil verduidelik, dat, wie ons is, ’n invloed het op die verhoudings waarbinne ons staan.  Sy Gees versoen ons met God en maak ons só mense wat liefhet, versoen en die kwaad deur die goeie oorwin.  Terwyl gelowiges dit al vir eeue glo dat die goeie nuus gaan oor versoening, is dit nie duidelik in vroeëre belydenisse uitgespel hoe dit met ons naaste te make het nie.  Die Belydenis van Belhar herinner ons dat ons versoening met God nie eensydig verstaan kan word nie.  Die versoening met God loop uit op versoening met die mense rondom ons.  Dit maak die lewe nuut, die samelewing anders.

4. Hoe gebruik God ons in hierdie wêreld?

Die Bybel is vol verhale van mense wat ervaar dat hulle in nood is.  Hulle is in die tronk, hulle is arm, hulle is mismoedig.  En oor en oor bely hulle dat God by hulle is in hierdie situasies.  Die Bybel is ook vol verhale van gelowiges wat hierdie mense kon help en dit nie doen nie.  Geestelike leiers spreek hulle regdeur aan dat God die noodkrete van hierdie mense hoor en dat Hy ingryp.  Die Belydenis van Belhar herinner gelowiges daaraan, dat as dít die mense is by wie God betrokke is, het ons geen ander keuse nie, as om daar te wees waar God is en te doen wat Hy van ons vra.

5. Wat vra God nou van ons?

Die eerste belydenis van volgelinge van Jesus, is dat Jesus die Here is.  Daarmee sê hulle, Jesus is die God wat die Jode vir duisende jare ken.  Die implikasie hiervan is dat hulle meer gehoorsaam is aan God as aan enige aardse gesag, byvoorbeeld die keiser.  Die vroeë kerk noem Jesus ook hulle Hoof.  Die implikasie hiervan is dat Jesus die laaste sê het oor hulle lewe met mekaar.  Die Belydenis van Belhar bevestig beide hierdie belydenisse en spel die implikasies daarvan uit vir ons tyd.  Selfs al is daar straf en teenstand, kan ons ons nie méér steur aan regerings en samelewingsreëls as aan Jesus se opdrag om ons naaste lief te hê nie.

Klankbaan

Kortfilm

22.7 MB – mp4

Laai hier die volledige Kortfilm in wmv formaat af – 194 MB

Trackback from your site.

Comments (1)

Leave a comment

%d bloggers like this: