dien thoai di dong , dau gia , the gioi smartphone , download game mobile , smartphone , tang truong , khoa hoc cong nghe thong cong , mua ban sim , Smartphone gia re , cong nghe tuong lai , cong nghe 360 , giai tri guongmat.org , su kien trong ngay , thoi trang hi tech , thong tin 360 , may tinh bang , perfect body , kasuman.com , gia vang hom nay , tin tuc an toan , kinh te viet nam , xay dung viet nam , thoi trang , thoi trang , phu nu viet nam , tin tuc moi online , dich vu bao ve viet nam , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , tin tuc moi online , giai tri 24h , tin tuc 24h

Kontak ons

Print Friendly

Hierdie webtuiste is vir inligting en interaksie. Deelnemers is welkom om bydraes te stuur wat die gesprek kan stimuleer. Die waardes wat vir die webtuiste geld, is leerbaarheid, vertroue, deernis en openheid. Dit is ook die kriteria vir plasing.

Kontak die webmeester vir navrae en bydraes.

Comments (4)

  • Hennie van Deventer

    |

    In my kring van gewaardeerde, gerespekteerde vriende is die hele Belhar-spektrum verteenwoordig: van entoesiastiese omarming tot absolute verwerping. Wie het al die wysheid in pag om te oordeel wie die absolute waarheid beet het en wie nie?

    Moet die NGK werklik hierdie sensitiewe saak op die spits dryf? Is dit in die kerk se belang om hieroor opnuut tweedrag te ontketen en lojale lidmate te vervreem? Wat is dan fout met ons mense dat ons so graag tot die bittereinde ‘n saak wil uitbaklei terwyl ‘n versoenende alternatief reddend ter hand is?

    Die oplossing vir die dilemma is tog duidelik: ‘n nuwe belydenis vir die nuwe era – een wat, saam met die ou grondwaarhede, ook die opbouende in Belhar beliggaam – maar sonder die politieke bagasie waaroor die weë op die oomblik grotendeels skei.

    NGK en VGK het kreatiewe teoloë wat uitmuntend toegerus is vir die verantwoordelike taak van ‘n vars formulering vir vandag wat werklik die saak van versoening dien.

    Soos ons almal saam ‘n nuwe Grondwet kon uittimmer wat op ‘n breë basis van vaderskap kon reken, het ons in die kerk dieselfde uitdaging voor ons. Dit is ‘n verrykende uitdaging – ons mag gewis nie daarvoor terugdeins nie.

    Waarom dan teruggryp na ‘n ‘noodkreet´ uit die verlede as die geleentheid hom voordoen om kraakvars , eietyds en vernuwend te dink? Ek begryp werklik nie.

    Van ‘noodkrete” gepraat: beskou asseblief hierdie briefie ook as een. Dit is wat dit is.

    Reply

  • Chris Stoman

    |

    Ek het nog altyd gedink dat die NGK se leiers bo intelligente mense is. Waarom hulle dus so met die belydenis van Belhar aangaan kan ek glad nie verstaan nie. Net soos wat daar volgens hulle dinge in Belhar is wat goed is, is daar sekerlik in die ander belydenisse dinge wat nie meer heeltemal relevant is nie. Waarom maak hierdie hoog geleerde vriende van ons dan nie soos wat die ringkoppe net voor 1994 gemaak het nie? Veeg alles van die tafel af en stel iets nuuts op wat vir almal aanvaarbaar sal wees nie! Indien daar dan iets van Belhar in die nuwe is, is mos dan heeltemal aanvaarbaar vir almal, moet net om hemelsnaam nie die naam Belhar daaraan koppel nie.

    Reply

  • bart vosloo

    |

    Ek het al kommentaar gelees maar waar moet ek ingaan om ander se kommentaar te lees.

    Reply

    • Webmeester

      |

      Die kommentaar is aan die onderkant van die artikels waar die kommentaar geplaas is.

      Reply

Leave a comment