dien thoai di dong , dau gia , the gioi smartphone , download game mobile , smartphone , tang truong , khoa hoc cong nghe thong cong , mua ban sim , Smartphone gia re , cong nghe tuong lai , cong nghe 360 , giai tri guongmat.org , su kien trong ngay , thoi trang hi tech , thong tin 360 , may tinh bang , perfect body , kasuman.com , gia vang hom nay , tin tuc an toan , kinh te viet nam , xay dung viet nam , thoi trang , thoi trang , phu nu viet nam , tin tuc moi online , dich vu bao ve viet nam , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , tin tuc moi online , giai tri 24h , tin tuc 24h

Belhar en die Bybel

Written by Webmeester on . Posted in Ander bydraes

In die lig van die feit dat die Algemene Sinode van die NG Kerk alreeds in 1990 besluit het dat die Belydenis van Belhar nie onskriftuurlik is nie (en ook nie in stryd is met die Drie Formuliere van Eenheid nie), is ‘n kritiese beskouing van die gebruik van die Bybel deur hierdie belydenis wel vir ons van belang.

Eenheid, versoening en geregtigheid – die kernsake in die Belydenis van Belhar

Written by Webmeester on . Posted in Ander bydraes

1.         Historiese konteks

Elkeen van die talle Gereformeerde belydenisse het binne of in reaksie op ‘n bepaalde politieke of kerklike konteks onstaan – konkrete oomblikke (kairos momente) waar die oortuiging gegroei het dat die waarheid van die evangelie op die spel geplaas word en waarin die kerk nie anders kan as om in ‘n staat van belydenis (status confessionis) oor te gaan nie.

KAN DIE BELYDENIS VAN BELHAR OP DIESELFDE VLAK AS DIE DRIE FORMULIERE VAN EENHEID GEPLAAS WORD?

Written by Webmeester on . Posted in Ander bydraes

Met die saak waaroor dit in die Belydenis van Belhar gaan, kan moeilik verskil word.

 

Die vraag is egter: Mag hierdie belydenis op dieselfde vlak as die Drie Formuliere van Eenheid geplaas word?

 

Die bedoeling is nie om ’n waardeoordeel oor die Belydenis van Belhar te fel nie. Die doel is om gelowig na te dink oor die vraag aan watter vereistes ’n belydenisskrif moet voldoen om op dieselfde vlak as die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en Dordtse Leerreëls geplaas te word.

 

Die unieke uitstaande kenmerk van die Drie Formuliere is hul eksklusiewe teonome aard. Daarmee word bedoel dat die Drie Formuliere – eie aan die aard van die gereformeerde belydenis – op ’n vertikale lyn lê deurdat die Waarheid slégs vanuit God en Sý handelinge gedefinieer word sónder om die mens (en sy rede en ervaring) as tweede kriterium by te voeg.

 

Daarteenoor neig die nie-gereformeerde denke altyd om die waarheid te definieer vanuit ’n wisselwerking tussen God en mens wat vereis dat die vertikale sowel as die horisontale lyne verdiskonteer moet word. Hieruit blyk die outonome aard van alle nie-gereformeerde denke.

 

’n Mens mag nie die oë sluit vir die manier waarop Belhar tot stand gekom het nie. Die teologiese wortels van die Belhar Belydenis moet in die outonoom-religieus-humanistiese Bevrydings(Swart)teologie gesoek word. Belhar se broer is immers die Kairos Dokument. Die invloed van die Duitse “Barmen Erklärung” is ook opvallend. Die gedagte van ’n “status confessiones” (1982) is juis deur die NG Sendingkerk van die Duitse Belydende Kerk oorgeneem en oorgedra op die plaaslike situasie om ’n duidelike “statement” teen apartheid te maak en nie om – soos in die geval van die Drie Formuliere – die algemene (katolieke) Christelike Geloof te bely nie. Sodoende moes daar ’n bemiddeling bewerk word tussen die Bevrydingsteologie en die Gereformeerde belydenis. Die hout waaruit die Belydenis van Belhar gesny is, adem dus die geur van die outonome denke, wat vreemd is aan die teonome vertrekpunt van die gereformeerde konfessie.

 

Hand aan hand met die teonome vertrekpunt en aard van die Drie Formuliere, gaan hul katolisiteit. Die Drie Formuliere verwoord die algemene Christelike Geloof (die leer van die Apostels) wat die ware kerk deur alle eeue geglo het. Die belydenisskrifte se katolieke aard is juis die deurslaggewende kriterium waaraan ’n gereformeerde belydenisskrif moet voldoen. Die inhoud van die belydenis moet die belydenis van die kerk van alle tye en alle plekke wees. Die inhoud van die Belhar Belydenis is nie op só ’n wyse aan die geheel van die katolieke Christelike Geloof verbonde dat alle gereformeerdes wêreldwyd en deur alle eeue heen, dit sonder meer as belydenis sal herken nie. Dit sou eers nodig wees dat kerke ’n soortgelyke lewenservaring as die NG Sendingkerk moes smaak alvorens die inhoud van die Belhar Belydenis relevante betekenis kry. Die rede hiervoor is die historiese en kontekstuele gebondenheid van Belhar.

 

Dit is ook so dat die inhoud van die Belhar Belydenis óók tuis sou kon wees in nie-gereformeerde kerke soos byvoorbeeld charismatiese kerke wat die Evangelie oorwegend outonoom verstaan, maar nietemin saamstem met Belhar se afwysing van alle ideologië wat tot menslike verontregting lei. Die Drie Formuliere, daarenteen, is slegs welkom in gereformeerde kerke juis omdat die inhoud van die Drie Formuliere dié kerke gereformeerd maak deur hul teonoom-bybelse inslag. Die aanvaarbaarheid van Belhar in nie-gereformeerde kringe én die verdeeldheid wat Belhar in gereformeerde kringe veroorsaak, verraai juis sy outonome en nie-katolieke aard. Uiteindelik is dit ’n ope vraag óf die Belydenis van Belhar enigsins ’n formulier van eenheid is en of dit nie juis tot verdeeldheid aanleiding gee nie – juis omdat Belhar ’n ander “gees” adem as die Drie Formuliere.

 

In gereformeerde kerke word die Drie Formuliere deur lidmate, kerkraadslede en leraars onderskryf omdat dit volledig met die Skrifte ooreenstem (die sg. QUIA standpunt) en níé in soverre as wat dit met die Skrifte ooreenstem (die sg. QUATENUS standpunt) nie. Laasgenoemde impliseer dat die hoofsaak Bybels-korrek is, maar dat daar twyfel mag bestaan oor die fynere nuanses en formuleringe. Met betreking tot die Belhar Belydenis, gaan daar stemme op wat vra dat daar slegs gelet moet word op die hoofsaak waaroor dit in Belhar gaan en dat die fynere detail nie so belangrik is nie en dat op grond hiervan Belhar op gelyke vlak met die Drie Formuliere onderskryf mag word. Hiervolgens is die deurslaggewende vraag of die kerk hom met die “gees” van Belhar kan vereenselwig. Dit is egter belangrik om daarop te let dat dit in so ’n geval onmoontlik is om die QUIA te handhaaf. Gereformeerdes onderskryf die Belydenisskrifte omdat dit volmondig met die Skrif ooreenstem. Daar word geen ruimte gelaat vir eiesinnigheid nie. ’n Belydenisskrif is nie slegs ’n opinie oor die Waarheid sodat ander opinies dalk ook net so goed mag wees nie! ’n Belydenisskrif spreek die Waarheid op só ’n wyse na, dat alle ander opinies onwaar is! (vergl Mat 16: 13-19). Belhar sou slegs volgens die QUIA-standpunt onderskryf kan word, indien die kerk daarvan oortuig is dat, buiten die hoofsaak, ook die fynere nuanses met die Skrifte ooreenstem.

 

Juis wat betref die fynere nuanses is daar ’n aantal knelpunte wat om verheldering vra.

 

’n Mens sou byvoorbeeld kon let op die wyse waarop die fokus telkens verskuif wég van God (teonome) ná die mens (outonome). Enkele voorbeelde: Artikel 3 wy vyf paragrawe aan “versoening”, maar plaas deurentyd die klem op dit wat die mens/kerk moet doen in terme van horisontale versoening terwyl geen woord gerep word oor Christus se plaasvervangende offer en Sy ewige Hoëpriesterskap (soos die Drie Formuliere dit doen) nie. 2 Kor 5: 17-21 word as Skrifverwysing gegee, terwyl Paulus dit daar juis oor versoening as eensydig daad van God het!

 

Dit is ook ’n vraag of Artikel 4 op dieselfde manier as die Drie Formuliere oor die begrip geregtigheid praat. In die Drie Formuliere is God die Een wat geregtigheid in Christus oprig (teonoom), maar in Belhar funksioneer die geregtigheid op ’n horisontale (outonome) vlak wat sterk aan die begrippemateriaal van die Bevrydingsteologie herinner.

 

Die belydenis dat “God in ’n wêreld vol onreg en vyandskap op ’n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte is” (Art 4) skep voorts groot moeite. Dit is nie ’n belydenis van wie God in sy verbondstrou aan sy kerk is nie. Dit is bloot ’n verklaring oor wie God vir al hierdie sosiale klasse en groeperinge van mense in die wêreld sou wees; dit is, vir álle armes, álle noodlydendes en álle verontregtes in die wêreld. Daarom is “armes”, “noodlydendes” en “verontregtes” in die Belharbelydenis nie ’n aanduiding van die verbondsgemeenskap (kerk) nie, maar van die wêreldgemeenskap in armoede, nood en verontregting. Die besondere wyse waarop God God is, is (volgens die Skrif) deur sy verbond met sy kerk. God is nie vir enige sosiale klas teenoor ’n ander klas in die wêreld op ’n besondere wyse God nie. In hierdie verbond is God nie vir armes en verontregtes meer besonders God as vir rykes en bevoorregtes nie. In hierdie verbond ontvang armes en rykes presies dieselfde goedheid, genade, liefde en barmhartigheid van God op presies dieselfde wyse: net deur Christus en net deur geloof in Christus. In God se voorsienigheid vir sy kerk is God ook nie meer besonders God vir gelowige armes en verontregtes as vir gelowige rykes en bevoorregtes nie. In sy voorsienigheid laat God die armoede en verontregting van sy kinders ten goede wees. Hy neem nie noodwendig die armoede, nood en onreg weg nie. Sy kinders ontvang rykdom en voorregte as gawes soos God dit wil en beskik. Arm en verontregte kinders van God, en ryk en bevoorregte kinders van God deel almal in dieselfde voorsienige sorg van God. Buite God se genadeverbond is God ook nie vir armes en veronregtes in die wêreld op ’n meer besondere wyse God as vir rykes en bevoorregtes in die wêreld nie. Buite God se genadeverbond laat God armoede én rykdom, onreg én reg, nood én vreugde, goddeloses en afgodsdienaars tot oordeel wees. Goddelose en ongelowige rykes en bevoorregtes is nie meer of minder aan die oordeel van God onderworpe omdat hulle ryk en bevoorreg is nie, en armes en verontregtes is ook nie meer of minder onder God se oordeel omdat hulle arm en verontreg is nie. Buite God se genadeverbond is ryk én arm, verontregtes én bevoorregtes, noodlydendes én hulle wat in oorvloed leef, op dieselfde wyse onder die oordeel van God. Nog minder is God buite sy verbond besonders God vir goddelose en ongelowige armes en verontregtes op so ’n wyse dat Hy hul reg op ’n besondere wyse herstel om ryk en bevoorreg te word nie. God kry hulle nie meer jammer as vir ryk goddeloses nie.

 

’n Mens sou ook ’n vraagteken kon plaas by Artikel 2 wat insinueer dat kerkeenheid slegs in strukturele organisatoriese eenheid gevind kan word. Aparte kerkverbande is dus per definisie sinoniem met sondige geskeidenheid en sigbare eenheid is per definisie sinoniem met strukturele eenheid. Per definisie is twee kerkverbande wat vanweë verskille in taal en kultuur apart funksioneer, ’n stuk sondige geskeidenheid en ’n bewys van haat en vyandskap!  Die vraag is of dit nie ’n eensydige siening is nie.

 

Dit is voorts opvallend dat Belhar in sy “verwerping van dwalings” ánders (eensydig) te werk gaan as die Drie Formuliere. Alles wat die reuk dra van ’n “regse teologie” word tereg verwerp, maar niks word gesê van “linkse teologie” (soos die Swart Teologie) nie. Dit skep die indruk dat sonde en dwaling slegs in een rigting beur. Hiermee skep Belhar juis die ruimte vir die “linkse teologie” om onder sy vleuels te skuil.

 

Wie die Belydenis van Belhar op dieselfde vlak as die Drie Formuliere onderskryf  moet daarteen waak om nie hierdie handeling te gebruik (misbruik?) as ’n meganisme om daarmee iets anders te sê/doen nie. Hoe maklik kan dit gebeur dat die kerk Belhar volgens die QUIA-standpunt gaan onderskryf ten einde daarmee kerkvereniging te bespoedig of apartheidskuld te bely of die VGK tevrede te stel of om wátter rede ookal. Dán word die Belydenis ’n meganisme (’n middel tot ’n doel) en funksioneer dit nie meer as egte Belydenis waarvoor die ondertekenaar bereid is om sy/haar bloed te gee nie.

 

’n Slotopmerking: Gemeet aan die kriteria waaraan ’n gereformeerde belydenisskrif moet voldoen, kan die Belydenis van Belhar hoogstens volgens die QUATENUS-standpunt onderskryf word – dus in soverre as wat dit met die Skrif ooreenstem. Die kerk onderskryf egter die Drie Formuliere omdat dit met die Skrifte ooreenstem (QUIA).

 

Dit is dus beswaarlik moontlik om die Belydenis van Belhar op dieselfde vlak as die Drie Formuliere te plaas.

 

 

Dr Chris Saayman

NG Gemeente Tafelberg

Instrument vir diensbaarheid – Danie Mouton

Written by Webmeester on . Posted in Ander bydraes

Jong afgevaardigdes op algemene sinode 2011 het gepleit vir die aanvaarding van die Belhar-belydenis. Hul entoesiasme bly my by.

Hul argument is die eerste rede waarom die kerk Belhar moet aanvaar:

Belhar help die toekoms bou

“Ons jongmense het die land op ’n ander manier lief as ons,” het ’n ouer afgevaardigde tereg gesê. Die jong volwassenes is positief verbind aan die land. Hulle bou as gelowiges konstruktief aan die toekoms. “Wat Belhar met sy aksent op die eenheid van gelowiges, versoening tussen mense, en ’n aandrang op God se geregtigheid doen, is om ons taal en instrumente te gee om diensbaar te wees aan God se toekoms in hierdie land,” het hulle gesê.

Lees verder by Beeld 

Kommentaar van Theo Potgieter

Written by Webmeester on . Posted in Ander bydraes

Belydenis van Belhar:

1. Ek was nooit in ‘n gemeente of ‘n kerkdiens waar daar as amptelike kerk standpunt verkondig is dat apartheid Bybels regverdig of regverdigbaar is nie. Ek aanvaar dat daar wel ander gemeentes kon wees of selfs dat die algemene sinode so standpunt kon handhaaf en ek moontlik net te jonk was om so daarvan kennis te neem (ek is tans 57 jaar oud). Daarteenoor is ek wel van individue bewus wat so ’n standpunt huldig (of gehuldig het);