dien thoai di dong , dau gia , the gioi smartphone , download game mobile , smartphone , tang truong , khoa hoc cong nghe thong cong , mua ban sim , Smartphone gia re , cong nghe tuong lai , cong nghe 360 , giai tri guongmat.org , su kien trong ngay , thoi trang hi tech , thong tin 360 , may tinh bang , perfect body , kasuman.com , gia vang hom nay , tin tuc an toan , kinh te viet nam , xay dung viet nam , thoi trang , thoi trang , phu nu viet nam , tin tuc moi online , dich vu bao ve viet nam , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , tin tuc moi online , giai tri 24h , tin tuc 24h

Algemene Sinode 2011 se besluit rondom die Belydenis van Belhar

Written by Webmeester on . Posted in Besluite

Print Friendly
Die Algemene Sinode besluit om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse deel van die NG kerk se belydenisgrondslag te maak en dra dit aan die Moderamen op om die nodige kerkordelike prosesse hiervoor in werking te stel.

Trackback from your site.

Comments (5)

  • Stephan

    |

    Ek was gister deel van die gesprek van die oostelike sinode in Middelburg rondom Belhar. My gewaarwording was die volgende. Die hele proses rondom Belhar het iets diepers ontbloot, nl die manier waarop besluite in die kerk geneem word en die al groter wordende afstand tussen die leierstruktuur van die kerk en gemeentepredikante en by implikasie gemeentelede. Ek kon aflei dat meeste predikante teenwoordig heel verbaas was dat die Algemene Sinode besluit het om die Belydenis van Belhar te aanvaar. Oorweldigend was die reaksie negatief teenoor die belydenis. Ek voorsien glad nie dat die belydenis deel sal word van die ng kerk se belydenisgrondslag as ek die algemene gevoel lees wat onder bykans al die predikante in die oostelike sinode geheers het nie. Waar is die probleem. Ek dink dat die struktuur van besluitneming in die NG kerk nou ‘n probleem geskep het. Ek is nie seker hoeveel afgevaardiges van ringe gaan algemene sinode toe nie wat ek wel weet is dat die afgevaardiges ‘n besluit geneem het waarmee meeste gemeentes nie saamstem nie. Dit skep ‘n skaakmat situasie en stuur af op ‘n konfliksituasie.

    Reply

    • Webmeester

      |

      Die ASM moderatuur sal waarskynlik hierop reageer, maar jy sou intussen self kan oordeel of die persepsies wat jy by die sinode gehoor het, ooreenstem met die besluit wat by die Algemene Sinode geneem is:

      “Die Algemene Sinode besluit om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse deel van die NG kerk se belydenisgrondslag te maak en dra dit aan die Moderamen op om die nodige kerkordelike prosesse hiervoor in werking te stel.”

      Reply

  • Tineke Don

    |

    Gisteravond hebben we een gemeentevergadering gehad en daar kwam ons contact met ZuidAfrika ook ter sprake.

    Ook heb ik verteld van de bijzondere gebeurtenis tijdens jullie synode, vorige maand. Hier waren de mensen die nog onthouden hadden wat je daarover in de dienst hebt verteld, erg enthousiast en blij. Ook de andere voegden zich daar spontaan bij toen ik uitlegde wat de Belhaar belijdenis inhoudt en wat de betekenis van de stap van de nationale synode is. Met mij willen ze graag de kerken in Zuid Afrika van harte feliciteren met dit besluit en de hoop uitspreken dat Gods zegen hierop mag rusten en mag leiden tot een toekomst van acceptatie, begrip, en verzoening als fundament voor een land op weg naar Gods toekomst.

    Een hartelijke groet van de gemeente in Medemblik

    Tineke
    (Uit e-pos aan Rethie van Niekerk)

    Reply

  • Johan vd Westhuizen

    |

    As Belhar wel “‘n geskenk” is soos sommige beweer, hoekom maak die “geskenk” soveel rimpels op die water?
    Ek wonder maar net baie keer of die aanvaarding van Belhar, nie ‘n keerpunt in die NG Kerk gaan wees, anders as wat algemeen verwag word. Tyd sal maar leer. Intussen moet ons maar bly bid vir wysheid en leiding van Bo. Ek ken op die stadium nie die antwoorde nie en as die leiers van ons kerke ook nie die antwoorde ken nie, hoe moet ons as gewonde lidmate nie ook wonder oor die goed nie.

    Reply

Leave a comment

%d bloggers like this: