dien thoai di dong , dau gia , the gioi smartphone , download game mobile , smartphone , tang truong , khoa hoc cong nghe thong cong , mua ban sim , Smartphone gia re , cong nghe tuong lai , cong nghe 360 , giai tri guongmat.org , su kien trong ngay , thoi trang hi tech , thong tin 360 , may tinh bang , perfect body , kasuman.com , gia vang hom nay , tin tuc an toan , kinh te viet nam , xay dung viet nam , thoi trang , thoi trang , phu nu viet nam , tin tuc moi online , dich vu bao ve viet nam , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , tin tuc moi online , giai tri 24h , tin tuc 24h

Die begeleidende brief

Written by Webmeester on . Posted in Belydenis van Belhar

Print Friendly

Die Sinode van die voormalige NG Sendingkerk (NGSK) in Suid-Afrika het reeds in 1982 met die aanvaarding van die Belydenis van Belhar as ’n konsep ’n begeleidende brief goedgekeur om altyd daarmee saam te lees.  Laai die Belydenis van Belhar hier af.

  1. Ons is daarvan bewus dat daar in die lewe van die kerk oomblikke kan ontstaan van soveel erns dat die kerk die noodsaak kan voel om opnuut sy geloof te bely in die lig van ’n spesifieke situasie. Ons is daarvan bewus dat so ’n daad van belydenis nie ligtelik gedoen word nie, maar slegs as geoordeel word dat die hart van die evangelie self op die spel staan en bedreig word. Na ons oordeel verg die kerklike en politieke situasie binne ons land en veral binne die NGK¬familie tans so ’n beslissing. Ons doen hierdie belydenis dus nie as ’n teologiese gespreksbydrae of as ’n nuwe samevatting van al ons geloofsgoedere nie, maar as ’n kreet uit die hart, as ’n dwang wat ons opgelê is om die evangelie ontwil in die lig van die oomblik waarin ons staan. Ons bely saam met vele ons skuld daarin dat ons nie altyd duidelik genoeg hieroor getuig het nie en gevolglik medeverantwoordelik is daarvoor dat wat as sonde ervaar en bely is of as sonde ervaar en bely moes word, mettertyd gegroei het tot vanselfsprekendhede en Skrifvreemde ideologieë en dat die indruk by vele geskep is asof die evangelie nie waarlik op die spel was nie. Ons spreek hierdie belydenis uit, omdat ons oordeel dat allerlei teologiese argumente daartoe bygedra het om aspekte van die waarheid so eensydig te beklemtoon dat dit in die leuen verander het.
  2. Ons is daarvan bewus dat die enigste gesag agter so ’n belydenis en die enigste grond waarop dit uitgespreek kan word die Heilige Skrifte as die Woord van God is. Volkome bewus van die waagstuk verbonde aan so ’n daad, oordeel ons tog dat ons geen ander keuse het nie. Ons is boonop daarvan bewus dat geen ander motiewe of oortuigings, hoe geldig hulle ook al mag wees, ons die reg veroorloof tot ’n daad van belydenis nie. Dit moet ’n kerklike handeling wees ter wille van die suiwerheid en die geloofwaardigheid van die kerk en sy boodskap alleen. Sover dit moontlik is voor die mense verklaar ons hiermee dat ons enigste dryfveer geleë is in ons vrees dat die waarheid en krag van die evangelie self bedreig word in hierdie situasie. Ons wil geen groepsbelang dien, partyskappe bevorder, teologieë bevorder of bymotiewe verwesenlik nie. Terselfdertyd weet ons dat ons diepste bedoelinge slegs na ware beoordeel kan word deur Hom voor wie alles oop en bloot is. Ons spreek hierdie belydenis nie uit vanaf sy troon en uit die hoogte nie, maar voor sy troon en voor die mense. Ons pleit daarom dat hierdie belydenis nie misbruik sal word deur enigiemand met allerlei bymotiewe nie en dat dit ook nie vanuit sulke motiewe teëgestaan sal word nie. Ons begeerte is om geen valse struikelblokke in die weg te lê nie, maar om heen te wys na die egte struikelblok, die rots Jesus Christus.
  3. Ons spreek hierdie belydenis nie uit teen spesifieke mense of groepe van mense of ’n kerk of kerke nie. Ons spreek hierdie belydenis uit teen ’n valse leer, teen ’n ideologiese verdraaiing wat die evangelie self in ons kerk en land bedreig. Ons versugting is dat niemand hulle sal vereenselwig met hierdie verwerplike leer nie en dat almal wat heeltemal of gedeeltelik daardeur verblind is hulle daarvan sal afkeer. Ons is terdeë bewus van die verleidelike aard van so ’n valse leer en weet dat vele wat daardeur gekondisioneer is in mindere of meerdere mate die halwe waarheid leer glo het as die volle. Ons betwyfel daarom nie talle van sulke mense se Christelike geloof, hulle opregtheid, eerlikheid, integriteit en goeie bedoelinge en in baie opsigte lofwaardige handelswyse nie. Juis omdat ons egter die krag van die misleiding ken, is ons daarvan bewus dat nie die erns, opregtheid en intensiteit van ons sekerhede ons vrymaak nie, dog slegs die waarheid in die Seun. Aan dié bevryding het ons kerk en ons land ’n intense behoefte. Ons praat daarom pleitend en nie beskuldigend nie. Ons pleit om versoening, dié egte versoening wat volg op bekering en verandering van gesindhede en ordeninge. Ons is daarby daarvan bewus dat ’n daad van belydenis ’n tweesnydende swaard is, dat niemand van ons die eerste klip kan gooi of nie self ’n balk in die eie oog het nie. Ons weet dat die gesindhede en optrede wat die evangelie teëwerk by ons almal aanwesig is en sal bly. Daarom is hierdie belydenis niks anders nie as ’n oproep tot voortdurende gesamentlike selfondersoek, stryd en bereidheid tot bekering in die Naam van ons Here Jesus Christus in ’n gebroke wêreld. Dit wil geen daad van selfregverdiging en onverdraagsaamheid wees, sodat ons terwyl ons vir andere preek, dalk self verwerplik sal wees nie.
  4. Ons bede is dat hierdie daad van belydenis nie valse struikelblokke in die weg sal lê en daardeur valse verdelinge sal veroorsaak en bevorder nie, dog versoenend en verenigend sal wees. Ons is daarvan bewus dat so ’n daad van belydenis en ’n proses van versoening noodwendig veel pyn meebring. Dit verg die pyn van bekering, berou en skuldbelydenis. Dit verg die pyn van lewensvernuwing en ¬verandering, sowel individueel as gesamentlik. Dit plaas ons op ’n pad waarvan ons die einde nie kan voorsien of na ons eie wense kan manipuleer nie. Op dié pad sal ons onvermydelik intense groeipyne ervaar terwyl ons worstel om die vervreemding, die bitterheid, die onversoendheid en die vrees te oorwin. Ons sal sowel onsself as mekaar nuut moet leer ken en beleef. Ons is terdeë daarvan bewus dat hierdie belydenis roep om die aftakeling van denk¬, kerklike en samelewingstrukture wat oor baie jare heen gegroei het. Ons bely egter dat daar ter wille van die evangelie geen ander uitweg moontlik is nie. Ons bede is dat ons broeders en susters dwarsdeur die hele NGK¬familie, maar ook daarbuite, hierdie nuwe begin saam met ons sal wil maak, sodat ons sáám kan vry word en sáám hierdie weg van versoening en geregtigheid kan gaan. Ons bede is dat hierdie droefheid gevolglik ’n droefheid tot verlossing sal wees. Ons glo dat dit moontlik is in die krag van onse Here en deur sy Gees. Ons glo dat die evangelie van Jesus Christus hoop, bevryding, heil en ware vrede vir ons land kan en wil bring.

 

Trackback from your site.

Comments (9)

  • kevin smith

    |

    Ek is in 1982 gebore dus is hierdie belydenis so oud soos ek. Ek is gebore, gedoop, gekerk en getroud uit die NG Kerk is nog altyd n lidmaat.
    Persoonlik het ek gegroei en die dinge wat aan my geleer is en die omgewing om my het verander en derhalwe het my opinie en oortuigings ook verander. Tyd bring verandering mee en soos ek verander het in 32 jaar so het ons land, ons omstandighede,ons manier van dinge doen en ook die wyse woorop ons in dinge glo, ook verander. Die Belydenis van Belhar soos voorgehou is n pratige dokument met n pragtige versoeningsboodskap, gesryf in n tyd wat ons so n versoening bitter nodig gehad het maar 32 jaar het verloop en soveel het veranander. Die demografie van gemeentes het geweldig verander en my ervaring is juis dat ons meeste van die grense wat ons beperk het lankal gekuif en in meeste gevalle heeltemal verwyder het. Hierdie versoeningsboodskap,hierdie dokument, dink ek, neem ons 32 jaar terug en maak al die ander goeie veranderinge ongedaan. Ons versoen elke dag, ons groei elke dag, ons leer mekaar elke dag beter ken sodat ons voorentoe kan gaan en kan afstand doen van die verlede, waarom dan ongeregtighede knaand bely as ons dan reeds afstand gedoen het daarvan.Die laaste sin van die dekbrief van die belydenis is al wat ons nodig het om te bely “Ons glo dat dit moontlik is in die krag van onse Here en deur sy Gees. Ons glo dat die evangelie van Jesus Christus hoop, bevryding, heil en ware vrede vir ons land kan en wil bring.”. Dit neem alles saam en bely presies dit wat die ander belydenisskrifte bely. Gebruik dan Belhar as n aanvulling tot ons groei in n voordurende veranderende toekoms, n aanvulling en nie n voorwaarde nie.

    Reply

  • Willie

    |

    Word die Belydenis van Belhar aanvaar omdat dit as voorvereiste gestel is vir eenwording met die VGK of kan ons gewone lidmate in goeder trou aanvaar dat die Sinode se besluit Skrif gefundeerd was sonder enige eksterne druk?

    Reply

    • Webmeester

      |

      Die Algemene Sinode het reeds in 1998 “aanvaar dat die Belydenis van Belhar op sigself genome nie met die Drie Formuliere van Eenheid in stryd is nie”, en “ter wille van die eenheidsproses en sy getuienis die wesenlike inhoud van die Belydenis van Belhar” aanvaar. Daar is ook al in 2004 voorgestel dat die Belydenis van Belhar deel word van die belydenisgrondslag van die herenigde kerk van die NG familie. Die afgelope Algemene Sinode het hierby aangesluit in sy besluit om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse deel van die NG Kerk se belydenisgrondslag te maak.

      Reply

      • Willie

        |

        Die redes vir die aanvaarding van die Belydenis van Belhar bly maar ‘n kraperigheid.
        Ek wonder tog wat sou gebeur het indien die VGK die aanvaarding van die Belydenis van Belhar nie as ‘n voorvereiste vir eenwording gestel het nie.
        Daardie “we demand” houding (veral as in ag geneem word wat die situasie in ons land was op daardie stadium – baie NGK lidmate het dalk begin “gatvol” raak vir gee-gee-gee) het heelwaarskynlik gemaak dat in baie lidmate min of geen erg gehad het jeens die Belydenis van Belhar.

        Reply

  • Webmeester

    |

    Ek soek bydraes oor die Belydenis van Belhar wat ‘n verantwoorde en diep gesprek daaroor kan stimuleer.

    Reply

Leave a comment

%d bloggers like this: