dien thoai di dong , dau gia , the gioi smartphone , download game mobile , smartphone , tang truong , khoa hoc cong nghe thong cong , mua ban sim , Smartphone gia re , cong nghe tuong lai , cong nghe 360 , giai tri guongmat.org , su kien trong ngay , thoi trang hi tech , thong tin 360 , may tinh bang , perfect body , kasuman.com , gia vang hom nay , tin tuc an toan , kinh te viet nam , xay dung viet nam , thoi trang , thoi trang , phu nu viet nam , tin tuc moi online , dich vu bao ve viet nam , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , tin tuc moi online , giai tri 24h , tin tuc 24h

Kommentaar van Theo Potgieter

Written by Webmeester on . Posted in Ander bydraes

Print Friendly

Belydenis van Belhar:

1. Ek was nooit in ‘n gemeente of ‘n kerkdiens waar daar as amptelike kerk standpunt verkondig is dat apartheid Bybels regverdig of regverdigbaar is nie. Ek aanvaar dat daar wel ander gemeentes kon wees of selfs dat die algemene sinode so standpunt kon handhaaf en ek moontlik net te jonk was om so daarvan kennis te neem (ek is tans 57 jaar oud). Daarteenoor is ek wel van individue bewus wat so ’n standpunt huldig (of gehuldig het);

2. Die Bybel is nie ’n sosio-politiese handboek nie. Selfs slawerny word nie deur die Bybel of Jesus veroordeel nie. Dit is debatteerbaar of Ras, Volk en Nasie in die perspektief van die Skrif ’n regverdiging vir apartheid op Bybelse gronde daarstel en of dit (korrek) aantoon dat dit, soos slawerny, nie deur die Skrif veroordeel word nie. Indien eersgenoemde, is dit verkeerd;

3. Sou die kerk apartheid (of kommunisme, of sosialisme, of kapitalisme of enige ander samelewingstruktuur) as skriftuurlik propageer, is dit duidelik verkeerd, of op die beste vir diegene wat so mening huldig, nie Bybels gefundeerd nie;

4. Insgelyks is die teendeel ook waar: sou die kerk apartheid (of kommunisme, of sosialisme, of kapitalisme of enige ander samelewingstruktuur) veroordeel as teenstrydig met die Skrif, is dit verkeerd en nie Bybels gefundeerd nie. Die Belydenis van Belhar val in hierdie kader. Die Belydenis van Belhar het sy ontstaan uit politiese oorwegings te danke het en word dit onbeskaamd in die begeleidende brief uitgespel dat “… hierdie belydenis roep om die aftakeling van denk¬, kerklike en samelewingstrukture wat oor baie jare heen gegroei het…” en ook verder soos onweerlegbaar deur Dr. W.D. Kotzé in sy skrywe op hierdie werf aangetoon is.

5. Deur die aanvaarding van die Belydenis van Belhar, sal dieselfde foute gemaak word en herhaal die geskiedenis dus homself – die skrifgeleerdes wyk af van die skrif en verkondig hulle eie interpretasies as die woord van God, die een weliswaar ter regverdiging van apartheid en die ander ter veroordeling daarvan.

6. Punt 2 van die begeleidende brief tot die Belydenis van Belhar stel dit dat die “Heilige Skrifte” die enigste gesag vir die belydenis is. Ander kerklike kommentatore benadruk dat die belydenis in ooreenstemming met die woord is. Waarom dan die nodigheid van die belydenis? Die beste getuienis is immers die oorspronklike, ontdaan van enige subjektiewe invloede. Volgens hierdie siening is die Belydenis van Belhar onnodig, want die Woord spreek hom alreeds daaroor uit. Die valsheid van hierdie stelling oor die Belydenis van Belhar blyk dan duidelik daaruit dat in die Bybel nêrens enige uitsprake oor die “denk-, kerklike en samelewingstrukture” gemaak word wat die belydenis ten doel het om af te takel nie.

7. Verdere vrae periferaal tot die Belydenis van Belhar wat ontstaan, is o.a. die volgende:

7.1 Daar bestaan duidelik verskille in die etiese en morele beoordeling van leiersfigure se optredes deur die onderskeie kerke. My (beperkte) waarneming van ampsdraers wat byvoorbeeld by buite-egtelike verhoudings betrokke raak, is dat as hulle nie self bedank nie, daar tug optrede geneem word in die NG Kerk. Ek kan my beswaarlik indink dat ’n NG-leraar skuldig bevind sou word aan ’n oneerlikheidsmisdryf en steeds ’n leiersrol in die kerk kan speel – iets wat niks met vergifnis te doen het nie, maar alles daarmee of die persoon van sodanige inbors is om as ’n geskikte en gepaste persoon ’n voorbeeld vir andere kan dien in so ’n leiersrol.

7.2 Die drie susterkerke het ’n gemeenskaplikheid wat gelykstaande is aan die hereniging pogings wat die Belydenis van Belhar se aanvaarding “noodsaak”. Die pogings wat aangewend word tot die hereniging van die susterkerke word nie met dieselfde ywer, entoesiasme, druk en gewaande regverdiging gedoen nie. Waarom nie? Waarom die selektiewe “sonde” om nie te verenig nie?

7.3 My twee kinders het in die afgelope dekade belydenis van geloof afgelê. Die huidige belydenisskrifte is nie met hulle tydens kategese behandel nie. Is dit nie vals en huigelary in sy diepste wese om ’n verdere belydenisskrif te wil aanvaar waar die huidige belydenisskrifte as so onbelangrik beskou word dat dit nie eens met voornemende lidmate behandel word nie? En hoe kan leraars wat hierdie standpunt in die praktyk toepas ’n besluit neem wat lidmate raak vir wie die huidige belydenisskrifte van belang is?

7.4 Daar kan nie veel twyfel wees oor die reaksie sou een persoon ’n ander se kind neem en dreig dat jy alleen die kind weer sal terugkry indien jy met ons praat nie. My reaksie is dieselfde waar gesê word ek sal alleen met jou in gesprek tree indien jy my voorwaardes aanvaar. En my reaksie is nie dat sodanige optrede of Christelik of liefdevol is nie. Verre daarvan! Ek vind ook geen beginsel verskil tussen die twee scenario’s nie.

7.5 Die feit dat diegene wat my kritiseer het as synde iemand wat nie die “realiteite van Suid-Afrika verstaan nie” toe ek vroeër jare krities teenoor die toepassing van apartheid gestaan het, tans die protagoniste van die aanvaarding van die Belydenis van Belhar is, stem my tot groot ongemak hoe deurdag hierdie hele beweging is. Oor ’n paar jaar dan is die sogenaamde “beginsels” vergete of ingeruil vir ’n nuwe stel, maar dan sit ons met hierdie mooi woorde (soos Desiderata ook het) as ’n belydenisskrif! Die wat te jonk is, kan die gedig van Max Ehrmann gaan Google wat in die laat sestiger en sewentigerjare oral te siene was.

Daar is etlike ander aspekte wat by hierdie aangeleentheid ter sprake kom wat ek nie eens hier sal aanraak nie, bv. die finansiële implikasies, taal oorwegings, ens. Daar is meer as genoeg rede waarom die Belydenis van Belhar nie as ’n belydenisskrif aanvaar behoort te word nie. Laat die NG Kerk terugkeer na ’n Gereformeerde Kerk soos sy belydenisskrifte bely, weg van die charismatiese en humanitêre tendense wat so klakkeloos ingevoer word sodat die kerk hom weer op beginsels, eerder as retoriek, Bybels kan fundeer.

Theo Potgieter
Garsfontein

Trackback from your site.

Comments (3)

  • jan vermaak

    |

    Ek stem dat Belhar nie op lidmate van die NG kerk afdwingbaar is deur net n meerderheid van sinode gangers nie. Ons het as Afrikaners polities gefouteer teenoor mense van ander kleure. My verskoning ook daarvoor! Maar om nou net die “nuwe bedeling” ter wille te wees, los van ons historiese en Bybel gefundeerde kerk beskouing is verkeerd. Belhar is uiters polities en ignoreer die huidige onreg wat die ANC regering aan talle van sy burgers doen.Moord,roof, diefstal,verkragtings word siender oe toegelaat. Moet ons nou weer n nuwe belydenis daarvoor formuleer? Ek dink nie so nie want dan gaan dit ontaard in lopended belydenisse van dag tot dag.
    Die NG kerk het n massiewe roeping onder tans benadeelde lidmate. Leef daarvoor en kom daarvoor uit, of verloor lidmaat getalle soos nog nooit van ter vore nie.Ons mense soek opregtheid en hulp van ons volkskerk. Die NG kerk is heeltemal te polities betrokke en korrek.Hoekom bly julle stil oor al die onreg?
    Maak ook reg met die mense naamlik veral die Bruinmense waarteen ons gesondig het. Ek glo van harte toenadering in die lig van die Evangelie sal dit doen.Belhar, nee dankie.

    Reply

Leave a comment

%d bloggers like this: