dien thoai di dong , dau gia , the gioi smartphone , download game mobile , smartphone , tang truong , khoa hoc cong nghe thong cong , mua ban sim , Smartphone gia re , cong nghe tuong lai , cong nghe 360 , giai tri guongmat.org , su kien trong ngay , thoi trang hi tech , thong tin 360 , may tinh bang , perfect body , kasuman.com , gia vang hom nay , tin tuc an toan , kinh te viet nam , xay dung viet nam , thoi trang , thoi trang , phu nu viet nam , tin tuc moi online , dich vu bao ve viet nam , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , tin tuc moi online , giai tri 24h , tin tuc 24h

Jesus verhale vir menswaardigheid – plakkate en baniere (Afrikaans)

Written by Webmeester on . Posted in Ander bydraes

Print Friendly

Van die Seisoen van Menswaardigheid webtuistes – plakkate en baniere vir gesprek oor die Jesus verhale

MenswaardigheidPosters_Maart2015-1Die doel van die Seisoen van Menswaardigheid is die herstel van menswaardigheid in Suider-Afrika. Dit sluit alle mense in die breë gemeenskap in. Waar ons oor grense na mekaar kan uitreik, en leer om mekaar met respek en liefde te hanteer, dáár kom die herstel van menswaardigheid vir ons lande.

Ons weet dat dit iets is wat die Here alleen in ons gemeenskap met mense van verskillende tale en kulture kan laat gebeur. Die Here Jesus is vir ons daarin die beste voorbeeld. Ons fokus daarom op verhale van Jesus in interaksie met verskillende mense in die evangelies.

Ons het agt verhale van Jesus in gesprek met mans en vroue gekies wat die waardes van die Seisoen van Menswaardigheid illustreer: respekteer, luister, omarm en liefhê. Die negende verhaal is die meesterverhaal vir die Seisoen van Menswaardigheid – Jesus wat sy dissipels se voete was. Saam gee die nege verhale vir ons inspirerende voorbeelde om na te volg.

Elke verhaal uit die evangelies word vergesel van ‘n plakkaat wat die verbeelding kan stimuleer. Ons het telkens ‘n fokusteks uit die Bybelverhaal gekies om groepe te help om die essensie van die Jesus verhaal raak te sien. Ná ‘n paar kort verduidelikende opmerkings word vier generiese vrae gegee wat enige groep kan gebruik om die betekenis van die verhaal vir die groei in menswaardigheid in hulle breër gemeenskap te ontsluit.  Dié vier vrae kan trouens vir enige Jesus verhaal in die evangelies gebruik word.

Hier kan jy die hulpmiddels in pdf formaat aflaai (tans nog in Afrikaans – die weergawes in drie ander tale sal binnekort ook hier verskyn):

By die Seisoen van Menswaardigheid webtuiste  is daar ook ‘n Slideshow van die 9 plakkate (klik op enigeen om dit in jpeg formaat af te laai)

Trackback from your site.

Leave a comment

%d bloggers like this: