dien thoai di dong , dau gia , the gioi smartphone , download game mobile , smartphone , tang truong , khoa hoc cong nghe thong cong , mua ban sim , Smartphone gia re , cong nghe tuong lai , cong nghe 360 , giai tri guongmat.org , su kien trong ngay , thoi trang hi tech , thong tin 360 , may tinh bang , perfect body , kasuman.com , gia vang hom nay , tin tuc an toan , kinh te viet nam , xay dung viet nam , thoi trang , thoi trang , phu nu viet nam , tin tuc moi online , dich vu bao ve viet nam , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , tin tuc moi online , giai tri 24h , tin tuc 24h

Is dit vir die NG Kerk moontlik om Belhar as Belydenis te aanvaar – WD Jonker

Written by Webmeester on . Posted in Ander bydraes

Print Friendly

Ongepubliseerde aantekeninge van Prof Willie Jonker (ingestuur deur Gert Duursema)

1. Dit sal vir die NGK beslis moeilik wees om dit doen. Dit is moontlik om verskeie redes daarvoor aan te voer, soos

a. dat baie lidmate bereid mag wees om te erken dat apartheid in die praktyk nie goed gewerk het nie en bepaalde dele van die bevolking aan lyding onderwerp het, maar dat hulle dit eerder sien as die mislukking van ‘n politieke program en nie as ‘n opsetlike morele vergryp nie;
b. dat hulle, selfs al erken hulle dat apartheid onreg meegebring het, dit as ’n verkeerde politiek sien en nie as sonde nie;
c. dat hulle, selfs al erken hulle dat apartheid tot ‘n sondige ideologie ontwikkel het, nog nie die rede daarvoor insien dat daar ‘n belydenismatige vorm aan die veroordeling daarvan gegee moet word nie;
d. dat hulle dit kan aanvaar dat die NGSK vanuit hulle situasie en ervaring ‘n belydenis daaroor kon uitgespreek het, maar tog meen dat dit nie van die lidmate van die NGK verwag kan word om daarmee in te stem en ‘n dokument as belydenis te aanvaar wat vanuit die eksistensiële situasie die NGSK, en nie die van die NGK, opgestel is nie;
e. dat hulle dit moeilik vind om hulleself te vereenselwig met ‘n dokument wat vir hulle eerder die bewys is van die triomf van die politieke teenparty as ‘n egte Christelike belydenis wat hulle ook uit die hart gegryp is.

2. Ondanks hierdie moeilikhede is dit omgekeerd moontlik dat die NGK hierdie belydenis kan aanvaar

a. as ‘n daad van belydenis van skuld waarmee erken word dat die kerk medeverantwoordelik was vir die beleid van apartheid wat deur die staat toegepas is, nie alleen met die volle steun van die kerk nie, maar ook op basis van die teologiese regverdiging daarvan deur die kerk;
b. as ‘n daad van erkenning dat die kerk nie duidelik genoeg onderskei het waarom dit gegaan het nie, blind was vir die werklike kwaad wat in apartheid aan die orde van die dag was, wat ten diepste saamgehang met met selfliefde en die onvermoë om die mede-broeders en susters te aanvaar; en
c. as ‘n daad van bekering wat bereid maak om die tug te aanvaar wat deur hierdie belydenis oor die NGK uitgeoefen word.

In elk geval is dit duidelik dat dit vir die NGK geen maklike beslissing sal wees nie. Daarom moet dit ‘n rede wees tot veel en opregte besinning en gebed.

Trackback from your site.

Comments (2)

  • Daan Pienaar

    |

    Waarom so klem lê op Belhar? Dit sal teenproduktief wees en die kerk maar net verdeel langs ander lyne as voorheen. Die klag teen die NGK onder die ou bedeling was dat dit die Nasionale Party in aanbidding is. Wat met Belhar gaan gebeur, is dat die NGK nou maar net die ANC in aanbidding sal wees. Is dit werklik wat mense wil hê? Daar is soveel ander gereformeerde kerke soos die Presbiteriaanse Kerk, die Anglikaanse Kerk ens. Waarom merk ek daar geen ywer om met hulle te verenig nie?
    Nog ‘n relevante opmerking is dat die kerke wat Belhar aanvaar het, het nog nooit die huisige regering op grond van Belhar aangespreek nie.
    As die kerke dit sou doen en as die voorstanders van Belhar binne die NGK dit sou doen, sal ek julle opregtheid kan aanvaar. Tans lyk dit vir my na ‘n andersoortige politieke agenda wat agter die ywer skuil.
    Kom asseblief los van gedienstigheid aan ‘n bepaalde politieke bestel!

    Reply

    • Webmeester

      |

      Hi Daan – die ANC was nie, en is nie betrokke by die Belydenis van Belhar nie. Ons het ekumeniese verhoudinge met die 2 kerke wat jy noem, maar die VGK, NGKA, en RCA is kerke wat uit ons ontstaan het. Daarom wil ons graag herenig. Jy is welkom om vir groter eenheid deur die strukture te vra. Ek sal jou daarin ondersteun. Vir die rekord: die VGK het verskillende kere al die huidige regering aangespreek op grond van die Belydenis van Belhar. Dit is in briefwisseling gedoen, sowel as in die koerante. Ek hoop dié inligting sal jou help om hulle opregtheid en bona fides te aanvaar. Soos jy, wil ons geen bepaalde politieke bestel gedienstig wees nie, net maar die evangelie glo, uitleef, en getrou daaraan bly. Groete, Chris van Wyk

      Reply

Leave a comment

%d bloggers like this: