dien thoai di dong , dau gia , the gioi smartphone , download game mobile , smartphone , tang truong , khoa hoc cong nghe thong cong , mua ban sim , Smartphone gia re , cong nghe tuong lai , cong nghe 360 , giai tri guongmat.org , su kien trong ngay , thoi trang hi tech , thong tin 360 , may tinh bang , perfect body , kasuman.com , gia vang hom nay , tin tuc an toan , kinh te viet nam , xay dung viet nam , thoi trang , thoi trang , phu nu viet nam , tin tuc moi online , dich vu bao ve viet nam , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , tin tuc moi online , giai tri 24h , tin tuc 24h

Belhar ‘gaan oor meer as blote aanvaarding’ – Jana van der Merwe

Written by Webmeester on . Posted in Ander bydraes

Print Friendly

Die belydenis van Belhar is soos alle belydenisskrifte nie net ’n dokument wat aanvaar moet word nie, maar met sy teologiese inhoud omarm moet word en in die kerk doelgerig uitgeleef moet word. Só is gister in Bloemfontein op ’n bespreking van dié omstrede dokument aangevoer nadat die NG Kerk se Algemene Sinode pas gevra het dat dit as deel van die kerk se belydenisgrondslag aanvaar word.

Trackback from your site.

Comments (2)

  • Chris Saayman

    |

    ‘n Mens kan verstaan dat daar – by die aanvaarding van ‘n nuwe belydenisskrif – groot drif is om dit te bestudeer en “die teologiese inhoud te omarm en doelgerig uit te leef.” Dit behoort ook te geld vir die bestaande belydenisskrifte. Byvoorbeeld die Dordtse Leerreëls. Mens hoor selde van ‘n passie in die kerk om die Dordtse Leerreëls se inhoud doelgerig uit te leef. Tot watter mate omarm ons die leer van verkiesing én verwerping (dat God by sommige mense verbygegaan het) (1:15) soos dit in die DL geleer word? Tot watter mate omarm ons die waarheid dat bekering nie ‘n voorwaarde vir redding is nie (1:10), dat Jesus se kruisdood slegs die uitverkorenes met God versoen het (limited atonement) (2:8), dat universele versoening ‘n dwaling is (vvd 2:5), dat die vrye wil van die mens ‘n dwaling is (vvd 2:6), dat die uitverkiesing nie plaasgevind het op grond van vooruitgesiene geloof nie (1:9, vvd 1:5), dat geloof nie aangebied word aan die vrye wil van die mens nie (3/4:14), dat samewerking van genade en vrye wil (sinergisme) ‘n dwaling is (vvd 3/4:9), die feit dat die uitverkiesing in die gemeente geleer moet word (1:15) ensovoorts, ensovoorts.

    Ek is bang dat Belhar op die ou end in die praktyk die enigste belydenisskrif gaan word en die Drie Formuliere nog dieper wegsink as wat hulle tans versonke is.

    Reply

Leave a comment

%d bloggers like this: