dien thoai di dong , dau gia , the gioi smartphone , download game mobile , smartphone , tang truong , khoa hoc cong nghe thong cong , mua ban sim , Smartphone gia re , cong nghe tuong lai , cong nghe 360 , giai tri guongmat.org , su kien trong ngay , thoi trang hi tech , thong tin 360 , may tinh bang , perfect body , kasuman.com , gia vang hom nay , tin tuc an toan , kinh te viet nam , xay dung viet nam , thoi trang , thoi trang , phu nu viet nam , tin tuc moi online , dich vu bao ve viet nam , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , tin tuc moi online , giai tri 24h , tin tuc 24h

Belhar as samebindende krag

Written by Webmeester on . Posted in Ander bydraes

Print Friendly

As Leraar in die VGK en as persoon wat binne die NG Kerk groot geword het, is dit vir my ‘n besondere voorreg om na baie teologiese debat en argument teen of vir Belhar aan hierdie gesprek deel te neem.

Almal is teen die tyd deeglik bewus is van die onstaans geskiedenis van die Belhar belydenis tydens die appartheids-era en die behoefte wat in die VGK onstaan het om die ongeregtighede van die tyd reg te stel. Daarom wil ek nie weer die algemene herhaar nie, maar wil ek tog ‘n paar punte van die vierde deel van Belhaar uitwys;

1.      Ons glo dat God Homself geopenbaar het as die Een wat geregtigheid en ware vrede onder mense wil bring; dat Hy in ’n wêreld vol onreg en vyandskap op ’n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte is en dat Hy sy kerk roep om Hom hierin na te volg; dat Hy aan verdruktes reg laat geskied en brood aan die hongeriges gee; dat Hy die gevangenes bevry en blindes laat sien; dat Hy dié wat bedruk is, ondersteun, die vreemdelinge beskerm en weeskinders en weduwees help en die pad vir die goddelose versper; dat dit vir Hóm reine en onbesmette godsdiens is om die wese en die weduwees in hulle verdrukking te besoek; dat Hy Sy volk wil leer om goed te doen en die reg te soek;

2.      dat die kerk daarom mense in enige vorm van lyding en nood moet bystaan, wat onder andere ook inhou dat die kerk sal getuig en stry teen enige vorm van ongeregtigheid sodat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos ’n standhoudende stroom …sal vloei

3.      dat die kerk as eiendom van God moet staan waar Hy staan,  naamlik teen die ongeregtigheid en by die veronregtes; dat  die kerk as volgelinge van Christus moet getuig teenoor alle  magtiges en bevoorregtes wat uit selfsug hulle eie  belang soek en oor andere beskik en hulle benadeel.

4.      Daarom verwerp ons enige ideologie wat vorme van veronregting legitimeer en enige leer wat nie bereid is om vanuit die evangelie so ’n ideologie te weerstaan nie.

5.     Ons glo dat die kerk geroep word om dit alles te bely en te doen, in gehoorsaamheid aan Jesus Christus sy enigste Hoof, al sou ook die owerhede en verordeninge van mense daarteen wees en al sou straf en lyding daaraan verbonde wees.

Belhar het ontstaan na byna vyftig  jaar  se apartheid en diskriminasie teen mense in ons land, en omdat die kerk en die staat hierdie onregverdigheid gelegitimeer het. ‘n Deel van die Christen gemeenskap van gelowiges het dus teen hierdie ongeregtigheid in opstand gekom, en as gelowiges ‘n belydenis tot stand gebring wat ongeregtigheid (diskriminasie) van mede gelowiges en die staat aangespreek het. Ek is vandag daarvan oortuig dat Belhar ‘n besonderse invloed gehad het wat demokrasie in ons land gevestig het. Omdat Belhar juis in ‘n tyd van “gelegitimeerde ongeregtigheid” of “geregverdigde diskriminasie’’ ontstaan het, het dit kontroversie veroorsaak. Die NG Kerk (kom ons sê reguit baie van ons blankes) het dit direk beskou as ‘n aanval op hulle en dit wat hulle geglo het, reg was. Die kerk het gedwaal en die gelowiges mislei, daarom moes die kerk die dwaling bely en gelowiges die ware insig laat kry.

Regstelling in ons land moes geskied, om so ver moontlik, hierdie ongelykhede reg te stel.

Nou, vir die afgelope twintig jaar is die bordjies verhang en bevind baie van die “bevoordeeldes” hulle in ‘n “benadeelde’’ posisie. Hierdie benadeling is nie net op die blanke van toepassing nie, maar ook op die kleurling gemeenskap, die Indiër gemeenskap en selfs van die swart gemeenskappe. As jy nie ‘n bekende in die ANC kringe is nie, dan word jy doodeenvoudig benadeel. Ek verwys hier na die navorsing gedoen deur Dr Dirk Herman van Solidariteit.

Die beginsel van regstelling is oral te vind in die Bybel en veral in Levitikus word die beginsels daarvan duidelik bespreek.

Demokrasie het tot gevolg gehad dat ons die ongelykhede van die verlede moes regstel en aktief teenwerk. Soveel so dat daar vandag baie skatryk sake swart manne en -vroue in ons land is. Die vraag ontstaan nou  hoeveel en vir hoe lank moet hierdie regstellings-proses voortduur? 20 jaar vir 50 jaar se verkeerde dade?

Die beginsel van regstelling is dat die persoon wat moet regstel/vergoed/boet ‘n bepaalde restelling/boete opgelê word, en as dit betaal is, dan is hy/sy vry om met sy/haar lewe voort te gaan. Die probleem in SA is dat die boete nie vasgestel word nie, maar ‘n oop tjekboek  beleid word gevolg, met die gevolg dat die generasie wat na appartheid gebore word ook moet boet vir die vorige generasie se oortredings. Hierdie beginsel geld egter net vir God se liefde en genade…

Die vraag wat dus ontstaan is waar is Belhar se stem om die huidige ongeregtighede of ongelykhede, ja selfs diskriminasie aan te spreek. Het dieselfde roepstem van 1986 dan nie ook nou ‘n saak te maak vir die onregverdighede van vandag nie?  In geen land in die wêreld word só klem gelê op ras as in Suid-Afrika nie, selfs as jy ‘n spaar rekening by ‘n bank wil oopmaak of ‘n telefoon aansluiting wil hê, moet jy jou ras aandui.  As gevolg van die klem wat ras in wetgewing speel, en die klem wat die regering op ras plaas (onthou dis/was net so geregverdig deur die Nasionale Party voor 1994) word die sameleweing juis verdeel en word die eenheid in die kerk van Christus bedreig. Omdat ras en rasse regstelling bo-aan alle agendas gestel word, word daar bewustelik en onbewustelik steeds ‘n wig in gedryf tussen Christene en word die eenhied van die geloofsgemeenskap ernstig bedreig. Antagonisme onstaan as een groep van die bevolking bo ‘n ander bevoordeel word deur wetgewing, en kweek ons doelbewus as gevolg van “geregverdidgde diskrimenasie” skeiding tussen gelowiges. Binne ons geloofsbelydenis van Belhar verwerp ons enige ideologie wat vorme van veronregting legitimeer en enige leer wat nie bereid is om vanuit die evangelie so ’n ideologie te weerstaan nie.

Ons glo dat die kerk geroep word om dit alles te bely en te doen, in gehoorsaamheid aan Jesus Christus sy enigste Hoof, al sou ook die owerhede en verordeninge van mense daarteen wees en al sou straf en lyding daaraan verbonde wees.

Die moderator van die VGK Dr Mary-Ann Hufel-Plaatjies het juis na afloop van die 2012 Algemene Sinode van die VGK ‘n sterk bewoorde brief aan die regering gerig om van die probleme binne die regering aan te spreek, maar tot my verleentheid en spyt het sy nie die  probleem van onregverdigheid en diskriminasie aangespreek nie.

Maar waar staan die ander gelowiges en dan veral die NG Kerk of word Belhar net gesien binne die teologiese idiologië? Ek verseker u dat gedurende 1986 dit nie net binne die teologie gesien is deur gelowiges nie, maar ook binne die sosiale gemeenskap wat dan juis die kritiek van sommige gelowiges was, dat dit polities geinspireerd is. As gelowige kan ek tog nie my idiologië teologies en polities van mekaar skei nie, dis ‘n eenheid.

Hierdie selfde eenheid beslaan ook die liggaam van Christus (die kerk) wat  bevorder moet word, en bely ons “dat die eenheid van die kerk van Jesus Christus daarom gawe én opdrag is”;

–          dat hierdie eenheid sigbaar moet word sodat die wêreld kan glo dat geskeidenheid, vyandskap en haat tussen mense en mensegroepe sonde is wat reeds deur Christus oorwin is en dat alles wat die eenheid mag bedreig, gevolglik geen plek in die kerk van Christus mag hê nie, maar bestry moet word;

–          dat hierdie eenheid van die volk van God op ’n verskeidenheid van maniere sigbare gestalte moet kry en werksaam moet wees, daarin dat ons mekaar liefhet, gemeenskap met mekaar beleef, najaag en beoefen;

Kan ons as liggaam van Christus werklik bely dat ons Belhar onderskryf en glo waarvoor die belydenis staan terwyl  ons stil is in die tyd waar daar  teenoor medegelowiges op verskillende  vlakke gediskrimineer word op grond van ras, veral as hierdie diskriminering die eenheid van die kerk van Christus ernstig bedreig?

Persoonlik glo ek dat as gelowiges weer soos voor 1994 ernstig hul belydenis uitleef sal ons ‘n getuienis wees vir die ongelowige wêreld, en sal Belhar ‘n gemeenskaplike band word binne die geloofsgemeenskap. Ongelukkig lyk dit vir die wêreld of Belhar eerder slegs ‘n teologiese debat en argument is wat verdeeltheid gebring het. Dit blyk dat dit waaroor Belhar eintlik gaan oorgesien word en dat die kruks van Belhar verlore gaan.  Belhar se stem is stil want ons as kerk leef dit uit nie, en teoloë voer lang teologiese debate oor  onbelangike begrippe en eie teologiese standpunte.

Kom ons gebruik eerder weer Belhar as ons same-bindende-krag (as belydenis) om die onregverdighede en diskriminasie binne die Suid-Afrikaanse samelewing reg te stel.

Dr Schalk vd Merwe

BTh (Hon), UNISA. MTh, UNISA. MA Teol (UP). MBA (NWU). Ph.D. (North West – VSA)

VGK Davidsonville

Trackback from your site.

Comments (1)

Leave a comment

%d bloggers like this: