dien thoai di dong , dau gia , the gioi smartphone , download game mobile , smartphone , tang truong , khoa hoc cong nghe thong cong , mua ban sim , Smartphone gia re , cong nghe tuong lai , cong nghe 360 , giai tri guongmat.org , su kien trong ngay , thoi trang hi tech , thong tin 360 , may tinh bang , perfect body , kasuman.com , gia vang hom nay , tin tuc an toan , kinh te viet nam , xay dung viet nam , thoi trang , thoi trang , phu nu viet nam , tin tuc moi online , dich vu bao ve viet nam , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , tin tuc moi online , giai tri 24h , tin tuc 24h

Belhar al positief beoordeel in 1988 deur die NGK

Written by Webmeester on . Posted in Ander bydraes

Print Friendly

Die bewering word gereeld gemaak dat die NG Kerk nog nooit ‘n beoordeling van die belydenis van Belhar gemaak het nie. Dit is natuurlik nie waar nie.

So vroeg as 1986 al – die jaar wat die belydenis van Belhar deur die voormalige NGSK aanvaar is – is daar deur die Algemene Sinode ‘n opdrag gegee aan AKLAS vir ‘n beoordeling van die belydenis van Belhar. Dit het gelei tot ‘n verslag aan die ASK in 1988 – Beoordeling AKLAS 2/9/88 – wat deur hulle goedkeurend in behandeling geneem is.

Dit het die basis gevorm vir die besluit van die Algemene Sinode 1990 dat die belydenis van Belhar nie in stryd is met die Skrif of die drie Formuliere van Eenheid nie. Twee sinodes later het dit ook die basis gevorm vir die bevestigende besluit van die Algemene Sinode 1998 daaroor, wat steeds die amptelike standpunt van die Algemene Sinode is:

Die Algemene Sinode aanvaar dat die Belydenis van Belhar op sigself genome nie met die Drie Formuliere van Eenheid in stryd is nie.

Die studiestuk kan by die Algemene Sinode afgelaai word, of by hierdie webtuiste: Belhar-ASK-besluit-1988. Lees ook meer hieroor by hierdie blog.

By die vorige Algemene Sinode 2013 is die volgende drie studiestukke ook in ontvangs geneem en aan die kerk as deel van die Gereedskapkis oor die belydenis van Belhar beskikbaar gestel:

Trackback from your site.

Leave a comment

%d bloggers like this: