dien thoai di dong , dau gia , the gioi smartphone , download game mobile , smartphone , tang truong , khoa hoc cong nghe thong cong , mua ban sim , Smartphone gia re , cong nghe tuong lai , cong nghe 360 , giai tri guongmat.org , su kien trong ngay , thoi trang hi tech , thong tin 360 , may tinh bang , perfect body , kasuman.com , gia vang hom nay , tin tuc an toan , kinh te viet nam , xay dung viet nam , thoi trang , thoi trang , phu nu viet nam , tin tuc moi online , dich vu bao ve viet nam , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , tin tuc moi online , giai tri 24h , tin tuc 24h

Kerkbegrip, Belydenis en Kerkorde in die Kerkherenigingproses van die NG Kerkfamilie in Suid-Afrika – HJ Kleynhans

Written by Webmeester on . Posted in Akademiese bydraes

Print Friendly

Opsomming (D Th 2009)

Die Here wil dat Sy kerk op aarde één moet wees soos Hy Een is “sodat die wêreld kan glo” (Joh 1723) – ter wille van die geloofwaardigheid en die effektiwiteit van die Evangelieverkondiging en van sy getuienis. Hierdie eenheid is allereers ‘n geestelike geloofseenheid, maar is óók ‘n sigbare eenheid in die institusionalisering van Sy kerk wat met ander kerke in verband tree op grond van gemeenskaplike geloofsbelydenis en in die hooftrekke van kerkinrigting en – regering.

In die eerste hoofstuk is indringend aangedui dat daar in die besluite van die NG Kerkfamilie erkenning is van die Goddelike gawe van en opdrag tot sigbare kerkeenheid, asook dat die wil tot kerkeenheid by almal bestaan, maar dat daar struikelblokke is wat eers uit die weg geruim sal moet word. Ondersoek is ook gedoen na die kerkbegrip en Kerkordes van die lede van die NG Kerkfamilie en hulle toon grootliks ooreenkoms met dié van die NG Kerk volgens die Gereformeerde beginsels van die presbiteriaal-sinodale Kerkregeerstelsel, alhoewel daar telkens invloede van ander kerkregeerstelsels aangetoon kan word.

In hoofstuk twee is gewys op die gemeenskaplike, bo-historiese en universeelgeldende belydenis wat gelowiges oor tyd en ruimte in ‘n verband saambind. Kerkverband is daarom die verband van gemeentes van dieselfde belydenis en hoofsake van kerkinrigting en word gevorm om hulle in hul kerkwees te versterk, geestelik te verryk en van eensydigheid te bewaar. Die gevolgtrekking is ook gemaak dat Belhar nie aan die vereistes vir ‘n gereformeerde belydenis voldoen nie.

In hoofstuk drie is ‘n ontleding gemaak van die inhoud en implikasies van die landswet, hoër hofuitsprake en regsmenings om só enkele regsaanduidings vir die kerkherenigingsproses in die NG Kerkfamilie aan te dui, waaruit geblyk het dat die reg in Suid-Afrika die kerk sien as ‘n universitas wat in terme van die kontraktereg beoordeel moet word.

In hoofstuk vier is gepoog om die koers op die pad vorentoe met kerkhereniging aan te dui, en is aangetoon dat die NG Kerkfamilie in Suid-Afrika dringend aan die volgende sake aandag moet gee:

  1. Die uitklaar van ‘n gemeenskaplike belydenisgrondslag vir die herenigde kerk.
  2. Die uitklaar van die struktuur en regeervorm vir die herenigde kerk.
  3. Die uitklaar van die proses waarlangs kerkhereniging bewerkstellig kan word.
  4. Uitklaring oor die stoflike sake van die kerke by kerkhereniging.
  5. Uitklaring oor die RCA se aandrang op die behoud van sy eie identiteit.
  6. Uitklaring oor sake soos teologiese opleiding en die wedersydse erkenning van legitimasie van leraars, die naam, taal en oor liturgiese sake in die nuwe kerkverband.
  7. Laastens dat versoening in wedersydse verhoudinge van kardinale belang is.

Trackback from your site.

Leave a comment

%d bloggers like this: