dien thoai di dong , dau gia , the gioi smartphone , download game mobile , smartphone , tang truong , khoa hoc cong nghe thong cong , mua ban sim , Smartphone gia re , cong nghe tuong lai , cong nghe 360 , giai tri guongmat.org , su kien trong ngay , thoi trang hi tech , thong tin 360 , may tinh bang , perfect body , kasuman.com , gia vang hom nay , tin tuc an toan , kinh te viet nam , xay dung viet nam , thoi trang , thoi trang , phu nu viet nam , tin tuc moi online , dich vu bao ve viet nam , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , tin tuc moi online , giai tri 24h , tin tuc 24h

Eksegeties-teologiese ondersteuning van die Belydenis van Belhar – JNM Hartney

Written by Webmeester on . Posted in Akademiese bydraes

Print Friendly

NGTT Vol 52, Uitgawe1 & 2, Mar / Jun 2011

In die NGTT (Deel 46, nommers 3 & 4, September en Desember 2005) was daar ’n artikel deur prof. Piet Strauss van die Fakulteit Teologie, Universiteit van die Vrystaat. In die artikel bied hy redes aan waarom die Belydenis van Belhar nie as ’n vierde belydenisskrif aanvaar behoort te word nie. Van die redes is dat die Belydenis nie oor “kernwaarhede van die Bybel” handel nie, maar slegs oor “periferiese morele waardes”. Met hierdie bydrae probeer die skrywer om moontlike Skriftuurlike bewyse wat ten grondslag van die Belydenis van Belhar lê te identifiseer en te analiseer. Die Belydenis van Belhar is rondom drie (Bybelse) begrippe gestruktureer, naamlik eenheid, versoening en geregtigheid. Hierdie bydrae stel ondersoek in na die eksegeties- teologiese betekenis van hierdie begrippe.

Met dank aan NGTT vir die verlof om die artikel te plaas.

Trackback from your site.

Comments (4)

  • gelmi

    |

    Wat is die moontlikheid om Prof Piet Strauss se artikel ook hier te publiseer?

    Reply

Leave a comment

%d bloggers like this: