dien thoai di dong , dau gia , the gioi smartphone , download game mobile , smartphone , tang truong , khoa hoc cong nghe thong cong , mua ban sim , Smartphone gia re , cong nghe tuong lai , cong nghe 360 , giai tri guongmat.org , su kien trong ngay , thoi trang hi tech , thong tin 360 , may tinh bang , perfect body , kasuman.com , gia vang hom nay , tin tuc an toan , kinh te viet nam , xay dung viet nam , thoi trang , thoi trang , phu nu viet nam , tin tuc moi online , dich vu bao ve viet nam , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , tin tuc moi online , giai tri 24h , tin tuc 24h

Die veranderende wêreld in die NG Kerk

Written by Webmeester on . Posted in Akademiese bydraes

Print Friendly
Die huidige bril waarmee lidmate na die Belydenis van Belhar kyk, word grootliks bepaal deur die geskiedenis en die interpretasie wat die betrokke lidmaat aan die boodskap oor die Bybel en geloof heg. Die veranderde wêreld binne die NG Kerk begelei gelowiges om self te sien hoe God met elkeen van ons in die moderne wêreld praat. Lidmate se reaksie toon dat daar twee kampe bestaan, naamlik: missionêre isolasie of missionêre aanvaarding. In hierdie proses besef gelowiges egter nie dat die Belydenis van Belhar die enigste en eerste belydenisskrif van die NG Kerkfamilie is wat tans die sondigheid in die mensgemaakte strukture van ons samelewing aanspreek nie. Al die ander fokus op die individu.

Missionêre isolasie beskryf die Belydenis van Belhar as ʼn produk van die Teologie van Bevryding en beklemtoon die oorsprong ooreenkomstig die destydse totale aanslag. Die isolasie van Suid-Afrika wat nie die res van die wêreld en/of ander teologiese denke nodig gehad het nie, word in hierdie kamp uitgebeeld en verwoord. Hierteenoor het die keuse van missionêre aanvaarding so ver vooruit beweeg, dat die eerste kamp beleef dat die NG Kerk alreeds die Belydenis van Belhar onvoorwaardelik aanvaar het. Gevolglik poog hierdie artikel om die lidmaat te begelei sodat die sonde wat in die menslike en/of politieke strukture sedert die Twee-wêreldoorloë ingebed is, ook ontdek word. Nou kan die leser die teologiese ontwikkeling volg en self ʼn besluit neem. Sodoende word die Belydenis van Belhar nie meer ʼn stok waarmee die kerk en die geskiedenis geslaan word nie, maar die ontdekking dat God in die hele proses van Suid-Afrika betrokke is sodat die NG Kerk ook opnuut die voertuig is wat die Goeie Nuus uitdra. Terselfdertyd reageer elke gelowige volgens God se nuwe reëls in die wêreld sodat God se koninkryk ʼn werklikheid word. Onthou: Die waarheid van die geloof behoort aan die geloofgemeenskap (missionêre aanvaarding) en nie die individu nie (missionêre isolasie).

Laai hier sy bydrae hieroor af:

DIE VERANDERENDE WÊRELD IN DIE NG KERK

Dr Hannes Shulz

Trackback from your site.

Comments (2)

Leave a comment

%d bloggers like this: