Baniere vir ons geloofstryd – Pinkster 2013
Die NG Kerk familie stap tans doelgerig ‘n pad met die Belydenis van Belhar (Belhar). Dit het daarom groot waarde dat ons almal saam met mekaar fokus op die perspektiewe uit hierdie belydenis wat in ons familiekring gebore is. Laai hier die Pinkster 2013 reeks af.
Vrae en antwoorde – Ben du Toit
Belhar en die Bybel
Die belydenis van Belhar – getuienis, stok, staf, credo?
Belhar – nie as ‘n Belydenisskrif nie
Belydenisvorming en Belydenisskrifte in Reformatoriese perspektief
God is op ’n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte
Ons gesamentlike belydenis vandag
Die Storie van Belhar
Eenheid, versoening en geregtigheid – die kernsake in die Belydenis van Belhar
1. Historiese konteks
Elkeen van die talle Gereformeerde belydenisse het binne of in reaksie op ‘n bepaalde politieke of kerklike konteks onstaan – konkrete oomblikke (kairos momente) waar die oortuiging gegroei het dat die waarheid van die evangelie op die spel geplaas word en waarin die kerk nie anders kan as om in ‘n staat van belydenis (status confessionis) oor te gaan nie.

Goeie nuus om te bely: Die Belydenis van Belhar en die pad van aanvaarding | Piet Naudé - Johan Botha | Bybel-Media - 'n Omvattende verduideliking van die inhoud van die Belydenis van Belhar, asook van die begeleidende brief wat daarmee saam gelees word.
Good news to confess: The Confession of Belhar and the road to acceptance | Piet Naudé - Johan Botha | Bybel-Media - A detailed account of the content as well as the accompanying letter of the Confession of Belhar.
Neither Calendar nor Clock: Perspectives on the Belhar Confession | Andrew Murray-Desmond Tutu bekroonde boek van Prof Piet Naudé | Eerdmans: 2010.
Sarel Corrie
| #
Die storie van Belhar deur Ben du Toit. By die deurlees van hierdie stuk kom ek agter hoe eensydig die storie van Belhar hier voorgestel word. Niks van die worsteling en die stryd rondom die aanvaarding daarvan deur die NGSK en die NGKA en toe ook by die VGKSA nie? Niks van die dwang van die VGKSA om die NGKA deel te maak van die VGKSA nie? Niks van die VGKSA se pogings om die NGKA te diskrediteer nadat hulle die hofsaak teen die NGKA in die appelhof verloor het nie. Ook niks van die bilaterale samesprekings van die VGKSA en die NGK oor kerkeenheid nie, en toe daar oproepe kom om die NGKA wel toe te laat, toe stap die VGKSA onder leiding van ds James Buys uit! En dit alles in die naam van en onder aanvoering van Belhar. Ek het hom persoonlik daaroor in hierdie vergadering gevra en hy het my nooit geantwoord nie. Wel, Belhar het toe nie so maklike, eenvoudige en meesterlike rol gespeel soos wat julle hier voorgee nie.
Net op ‘n regs-tegniese punt. Die VGKSA bestaan uit die NGSK (wat volledig oorgegaan het) en ‘n lidmate van die NGKA wat hulleself met die VGKSA vereenselwig het. Die NGKA het nie oorgegaan in of opgegaan in die VGKSA nie (die appelsaak het dit duidelik uitgewys). Daarom kan die eiendomme van die NGKA nie in die naam van die VGKSA hergeregistreer word nie. Want die NGKA het nie opgegaan in die VGKSA nie!
Kom ons praat ‘n slag eerlik oor die verlede en nie vanuit ‘n idealistiese utopiese uitgangspunt nie!
Hartlike groete
Webmeester
| #
Die ASM moderatuur sal waarskynlik hierop reageer, maar jy sou intussen self kan oordeel of die persepsies wat jy by die sinode gehoor het, ooreenstem met die besluit wat by die Algemene Sinode geneem is:
“Die Algemene Sinode besluit om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse deel van die NG kerk se belydenisgrondslag te maak en dra dit aan die Moderamen op om die nodige kerkordelike prosesse hiervoor in werking te stel.”
Stephan
| #
Ek was gister deel van die gesprek van die oostelike sinode in Middelburg rondom Belhar. My gewaarwording was die volgende. Die hele proses rondom Belhar het iets diepers ontbloot, nl die manier waarop besluite in die kerk geneem word en die al groter wordende afstand tussen die leierstruktuur van die kerk en gemeentepredikante en by implikasie gemeentelede. Ek kon aflei dat meeste predikante teenwoordig heel verbaas was dat die Algemene Sinode besluit het om die Belydenis van Belhar te aanvaar. Oorweldigend was die reaksie negatief teenoor die belydenis. Ek voorsien glad nie dat die belydenis deel sal word van die ng kerk se belydenisgrondslag as ek die algemene gevoel lees wat onder bykans al die predikante in die oostelike sinode geheers het nie. Waar is die probleem. Ek dink dat die struktuur van besluitneming in die NG kerk nou ‘n probleem geskep het. Ek is nie seker hoeveel afgevaardiges van ringe gaan algemene sinode toe nie wat ek wel weet is dat die afgevaardiges ‘n besluit geneem het waarmee meeste gemeentes nie saamstem nie. Dit skep ‘n skaakmat situasie en stuur af op ‘n konfliksituasie.
Webmeester
| #
Jammer – maar dit sal Ben self moet antwoord. Ek het nie genoeg inligting daaroor nie. Ek sukkel ook soms met Facebook dat ‘n mens nie weer uitkom by goed wat jy weet daar staan nie.
Susan Loubser
| #
Hi Chris,
Ben het geantwoord op Stephan Joubert en Janvan der Watt se kommentaar en dit toe verwyder van sy muur af, of daar is fout met Facebook. Ek is nie ‘n fundamentalis wat net boeke lees waarvan ek hou nie. Ek doen moeite om kritiese boeke ook te lees en hou van Belhar. Maar nou hang al my vrae in die lug want Ben se antwoord is weg.